24.5.2012
 Argiewe:

Vandag se Spotprent


Gene Travers

Market indicators


23 Mei 2012

30 Bruidspare gekies


Advertensie
Advertensie

Ons Argiewe

16.02.12

Graf nooit toegegooi

15.02.12

Ongeluk eis bekende in perdrykringe

13.02.12

KK oor vingers getik

14.02.12

Drie fetusse binne ’n week

16.02.12

Kuberkrakers steel miljoene

19.01.2012

Geen borg vir ‘ontvoerders’

© Jacques du Toit
Die twee beskuldigdes in die Swakopmund ontvoeringsaak, Veyonne Beukes en Dylan Stramis, word na die hof op Swakopmund begelei. Borgtog vir beide is gister geweier.

BORGTOG is gister aan die twee vermeende Swakopmund ontvoerders geweier nadat landdros Bernard Tjatjara gelas het dat dit nie in die openbare belang sal wees om hulle vry te laat nie.

Die prokureurs van Veyonne Beukes (23) en Dylan Stramis (18) se oënskynlik suksesvolle pogings om die staat se besware teen borgtog een vir een te weerlê, was steeds nie genoeg nie.

Beukes en Stramis verskyn op klagte van ontvoering en uitbuiting nadat hulle na bewering ’n negejarige meisie, Pauline, ontvoer en vir ’n losprys van N$30 000 aangehou het. Hulle is op 29 Desember in hegtenis geneem.

Beukes se prokureur, mnr. Eugene Thomas, het staatsaanklaer Seredine Jacobs se besware verwerp oor die erns van die klagte, dat borgtog nie in die belang van die publiek of die toediening van geregtigheid sal wees nie, dat die beskuldigdes moontlik met die ondersoek kan inmeng en dat die ondersoek nog nie afgehandel is nie.

Tydens haar kruisverhoor het speursersant Bonita //Khaibes erken dat borg nie noodwendig geweier moet word bloot omdat die klagte van ernstige aard is nie. Sy het ook erken dat in die definisie van openbare belang, soos deur Thomas verskaf, daar nie meriete is hoekom borgtog geweier kan word nie. Laastens het sy getuig dat dit nie waarskynlik is dat die beskuldigdes met die ondersoek sal inmeng nie en ook nie dat haar onvoltooide ondersoek ’n invloed in ’n latere borgverhoor sal hê nie.

Stramis se verteenwoordiger, mnr. Garoy September, het die bogenoemde bevestig.

Ten spyte hiervan het //Khaibes voet by stuk gehou in haar beswaar teen borgtog vir die twee beskuldigdes omdat dit na haar mening nie in die openbare belang sal wees nie en omdat dit ’n ernstige saak is wat nie alledaags voorkom nie.

Ondanks ’n mening dat borgtog van nagenoeg N$7 000 toegestaan sou word, het Tjatjara geensins skietgegee nie.

“Dit is nie in die belang van die publiek dat die beskuldigdes vrygelaat word nie, omdat hulle na bewering ’n ernstige misdaad teen ’n minderjarige gepleeg het. Hoeveel ouers het nie reeds die manier waarop hulle hul kinders oppas as gevolg hiervan verander nie?” het die landdros sê.

Die saak is tot 2 Februarie vir verdere ondersoek uitgestel.