24.5.2012
 Argiewe:

Vandag se Spotprent


Gene Travers

Market indicators


23 Mei 2012

30 Bruidspare gekies


Advertensie
Advertensie

Ons Argiewe

16.02.12

Graf nooit toegegooi

15.02.12

Ongeluk eis bekende in perdrykringe

13.02.12

KK oor vingers getik

14.02.12

Drie fetusse binne ’n week

16.02.12

Kuberkrakers steel miljoene

25.01.2012

‘Dwelmbaas’ se aansoek verwerp

DIE vermeende hoof van ’n dwelmsindikaat, wat die meeste van sy huishoudelike besittings kwyt is nadat lede van die polisie sy huis in Desember deursoek het, se aansoek om die items terug te kry, is verlede week met koste deur die Hoërhof verwerp.

Die “dwelmbaas”, mnr. David Swartz, se regsverteenwoordiger, mnr. Dennis Khama, het tydens die aansoek op 23 Desember aangevoer dat die ondersoek onwettig en sonder toestemming uitgevoer is.

Tog het Regter Dave Smuts gelas dat hoewel die ondersoek sonder ’n lasbrief uitgevoer is, dit steeds wettig is.

“’n Polisiebeampte mag ’n ondersoek sonder ’n lasbrief uitvoer indien hy op redelike gronde glo die vertraging om ’n lasbrief te bekom sal die doel van die ondersoek verydel,” het die uitspraak gelui.

Die eerste respondent, insp. Martin Indongo van die Namibiese polisie se dwelmeenheid op Walvisbaai, het volgens Smuts goedgedink om nie vir ’n lasbrief te wag nie. “Na my mening sou ’n lasbrief wel aan hom uitgereik word indien hy om een aansoek gedoen het,” het Smuts gesê.

Khama het ook aangevoer dat van die besittings wat tydens die ondersoek gekonfiskeer is (onder meer Swartz se bed, drie voertuie, bankkaarte, ’n sitkamerstel en nagenoeg N$49 500) onregmatig geneem is.

Volgens mnr. Mkhululi Khupe, wat namens Indongo, die Inspekteur- generaal van die Namibiese polisie en die Minister van Veiligheid en Sekuriteit optree, word die items as bewysstukke gebruik.

Indongo het die meubels wat in beslag geneem is, as duur huishoudelike bates beskryf. Swartz kon nie verklaar hoe hy die inkomste verdien het om die items aan te skaf nie.

Smuts het bevind dat die geld, selfone, identiteitskaart en bankkaarte, sowel as al die ander items, as bewysstukke kan dien.

“Swartz kon nie verduidelik waar die groot bedrae geld wat in sy huis gevind is vandaan kom, of hoe hy die ander luukse items kon bekostig nie. Volgens my was die neem van die items wetlik,” het die uitspraak gelui.