24.5.2012
 Argiewe:

Vandag se Spotprent


Gene Travers

Market indicators


23 Mei 2012

30 Bruidspare gekies


Advertensie
Advertensie

Ons Argiewe

16.02.12

Graf nooit toegegooi

15.02.12

Ongeluk eis bekende in perdrykringe

13.02.12

KK oor vingers getik

14.02.12

Drie fetusse binne ’n week

16.02.12

Kuberkrakers steel miljoene

24.08.2010

Dorpsraad en beampte teen mekaar in hof

IN een van die mees kontroversiële sake van die Teenkorrupsie Komissie (ACC) kom een van Lüderitz sy senior dorpsraadlede, die dorpsraad en werknemers teen mekaar in die hof te staan oor die afdanking van twee werkers wat blykbaar nooit moes gebeur het nie.

Mnr. Justus Veii, strategiese beampte van korporatiewe sake en menslike hulpbronne by die dorpsraad, word daarvan aangekla dat hy twee personeellede van die dorpsraad, mnre. Jan Diergaardt en Francois Beukes onregmatig afgedank het.

Hulle is glo betrap nadat hulle sonder enige toestemming petrol uit een van die raad se voertuie gesteel het. Die saak wat in Junie verlede jaar aanhangig gemaak is, sal na verskeie vertragings nou op Lüderitz verhoor word.

Mnr. Veii word daarvan beskuldig dat hy sy posisie in die dorpsraad gebruik het vir selfvoldoening deur ‘n werker onder sy direkte toesig opdrag te gee om die notules van ‘n raadsvergadering van 28 Februarie 2007 te verander.

Die notules was blykbaar nie onderteken nie. Die notules is ‘n resolusienommer C145/28/02/2007 gegee sodat dit aandui dat die raad besluit oor die disiplinêre verhoor van mnr. Diergaardt en mnr. Beukes. Mnr. Veii word vir die misbruik van sy kantoor of posisie vir bevrediging aangekla.

Die raad het intussen besluit om mnr. Veii af te dank aangesien hy inligting aan die media voorsien het. Voorts is ‘n skikking van N$56 000 deur die raad aan die werkers wat glo petrol sou gesteel het, betaal waarvan die meerderheid van die geld aan hul verteenwoordiger, mnr. Reginald Hercules, betaal is.

‘n Arbitrasiesaak het egter beslis dat mnr. Veii sy werk by die dorpsraad moet hervat, maar aangesien die dorpsraad daarteen appelleer, sal die saak voor die Hoërhof dien. Intussen is ‘n kriminele saak teen die dorpsraad van Lüderitz aanhangig gemaak omdat die raad weier om sy verlof uit te betaal nadat die Ministerie van Arbeid deur die arbeidinspekteur se kantoor op die dorp, die raad beveel het om mnr. Veii 52 verlofdae uit te betaal wat sedert Februarie vanjaar aan hom verskuldig is.

Sedertdien is mnr. Veii se rekenaar onder meer deur die ACC afgeneem en vir forensiese toetse gestuur. Alhoewel die toetse reeds op 21 Februarie 2008 gedoen was, is ‘n verslag eers op 12 Mei vanjaar aan die ACC oorhandig en eers in Augustus aan mnr. Veii bekendgemaak.

Mnr. Veii het ook vir sy verdediging ‘n teks van die raad ontvang oor die notules op 28 Februarie en ‘n lys van al die raadslede wat aan die vergadering deelgeneem het.

Volgens die ACC se saaklêer 821/2007 sal raadslid Jennifer van den Heever teen mnr. Veii getuig in haar hoedanigheid as administrateur wat deur die dorpsraad aangestel is dat sy beide die gewone raadsvergadering op 28 Februarie en 28 Maart 2007 bygewoon het, maar dat die uitslag van ‘n dissiplinêre verhoor van mnre. Diergaardt en Beukes nooit op besluit was nie.

Ook raadslid Persah Mafale, wat toe adjunkvoorsitter van die bestuurskomitee was en beide vergaderings bygewoon het, sal teen mnr. Veii getuig dat geen besluit ooit geneem was oor die kwessie van die betrokke dissiplinêre verhoor en dat geen besluit ooit geneem was om die twee werknemers af te dank wat sedertdien vir ‘n bedrag van N$56 000 geskik het.

N$54 000 hiervan is deur die raad aan mnr. Hercules, die verteenwoordiger van mnre. Diergaardt en Beukes betaal. Nog getuienis sal deur die vorige adjunkburgemeester, raadslid Willehmina Yeta Sylvester, sowel as raadslid Johanna Valombola, wat ‘n lid van die bestuurskomitee is, en me. Inge Ndeushakeneka Ipinge, die hoof uitvoerende beampte van Lüderitz, gelewer word.

Ter verdediging van mnr. Veii sal mnr. Gerrit Eiman, ‘n oud- ACC ondersoekbeampte in die getuiebank wees. Dokumente wat aan mnr. Veii deur die ACC gegee is, bevat twee teenstrydige verklarings wat onder eed afgelê is deur raadslid Ndemulungila Haindongo, die voorsitter van die bestuurskomitee, en raadslid Perscah Njakwabo Mafaleen, die vorige adjunkvoorsitter van die bestuurskomitee wat nou die adjunkburgemeester is.