24.5.2012
 Argiewe:

Vandag se Spotprent


Gene Travers

Market indicators


23 Mei 2012

30 Bruidspare gekies


Advertensie
Advertensie

Ons Argiewe

16.02.12

Graf nooit toegegooi

15.02.12

Ongeluk eis bekende in perdrykringe

13.02.12

KK oor vingers getik

14.02.12

Drie fetusse binne ’n week

16.02.12

Kuberkrakers steel miljoene

25.01.2012

Dausab vra weer om borgtog

DIE man wat daarvan verdink word dat hy sy meisie en haar ma in 2009 op Ovitoto in die Omatako-kiesafdeling in die Otjozondjupastreek vermoor het, het gister in die Hoërhof weer om borgtog aansoek gedoen.

Die 42-jarige mnr. Julius Dausab se eerste formele borgtog is in September 2010 deur Waarnemende Regter Sisa Namandje van die hand gewys.

Sy nuwe regsverteenwoordiger vir die borgaansoek, mnr. Jan Wessels, kan net op nuwe inligting in die nuwe aansoek staatmaak.

Op ʼn vraag van Wessels wat sy kliënt se gesondheid tans is, het Dausab geantwoord dat hy met asma en tipe twee diabetes gediagnoseer terwyl hy in aanhouding was. “Met almal wat in die tronk rook, het ek ook longinfeksie opgedoen en my regter long word die meeste daardeur geaffekteer,” het hy tydens sy getuienis gesê.

ʼn Brief van sy dokter wat 3 April 2011 gedateer is, dui daarop dat hy diabetes het as gevolg van die hoeveelheid suiker in sy bloed.

ʼn Dieetkundige het vir Dausab ʼn eetplan gegee om te volg om sy diabetes onder beheer te hou, maar die tronk kan nie die spesiale kosse aan hom voorsien nie.

Diabetes kan tot blindheid ly en op 18 Oktober 2011 is Dausab ʼn bril gegee om te dra as gevolg van sy sig wat besig is om te verswak.

As gevolg van die diabetes,besoek hy die dokter sowat drie keer ʼn week. “Gevangenes wat nog verhoorafwagtend is, mag die dokter by die tronkhospitaal net op Vrydae besoek. Dan wag jy omdat daar 200 gevangenes gelyk gaan. Toetsuitslae vat ook baie langer,” het Dausab gister in die hof gesê.

Dausab is bereid om N$40 000 vir borgtog te betaal, wat hy by familielede kan leen. Tydens sy eerste borgaansoek het hy N$5 000 aangebied. Indien hy op borgtog vrygelaat word, sal hy daagliks by die polisiekantore aanmeld.

Luidens ʼn berig in die Republikein tydens die verwerping van sy eerste aansoek, het Namandje aangevoer dat die beskuldigde se reg om onskuldig geag te word tot die teendeel bewys is, werklik en geldig is, [maar], “dit het aansienlik verswak weens die sterk saak en inkriminerende bewyse wat deur die staat ingedien is en nie deur die beskuldigde betwis is nie,” lui die berig.

Volgens die berig het Namandje ook gesê dat hy nie die gronde van sy verdediging gedurende die borgaansoek bekendgemaak het nie.

Dausab moet verskyn op twee klagte van moord nadat beweer word dat hy Paulina Kenamuni en haar ma, Elfrieda Kenamuni, met ʼn jaggeweer doodgeskiet het.

Die borgaansoek sal op 15 Februarie hervat.