23.5.2012
 Argiewe:

Vandag se Spotprent


Gene Travers

Market indicators


23 Mei 2012

30 Bruidspare gekies


Advertensie
Advertensie

Ons Argiewe

16.02.12

Graf nooit toegegooi

15.02.12

Ongeluk eis bekende in perdrykringe

13.02.12

KK oor vingers getik

14.02.12

Drie fetusse binne ’n week

16.02.12

Kuberkrakers steel miljoene

23.01.2012

Cloete, Pieters kry lang vonnisse

© Yolanda Nel
Albertus Cloete is Vrydag tot 43 jaar tronkstraf vir die moord op me. Rachel Magda Maas, sowel as vir diefstal gevonnis.
DIE twee mans wat in Oktober verlede jaar aan die moord op die 55-jarige me. Rachel Magda Maas van Keetmanshoop skuldig bevind is, is Vrydag in die Windhoekse Hoërhof tot onderskeidelik 43 en 53 jaar tronkstraf gevonnis.

Albertus Cloete is 38 jaar vir moord en tien jaar vir diefstal opgelê, terwyl Quinton Pieters tot 38 jaar vir moord, 15 jaar vir verkragting en 10 jaar vir diefstal gevonnis is.

Net Pieters is aan verkragting skuldig bevind. DNS wat op Maas se geslagsdele gevind is, stem met Pieters se DNS ooreen.

“Vyf jaar van elke vonnis sal gelyktydig met die moordklag uitgevoer word,” het Regter Alfred Siboleka tydens die vonnisoplegging gesê.

“Tydens die voorval is Maas se skedel gekraak en haar brein gekneus. Sulke beserings wordveral in slagoffers van ’n vliegtuigongeluk gesien, wat ’n baie harde hou teen die kop gekry het,” het hy gesê.

Maas, ’n ervare onderwyseres en later vakadviseur van Keetmanshoop, se naakte liggaam is in November 2007 in haar huis deur haar huishulp gevind. Sy is op die aand van 2 November of in die vroeë oggendure van 3 November oorval, met ’n klouhamer agter die kop geslaan en met ’n stuk lap of kledingstuk verwurg. Maas het aan meganiese asfiksiasie gesterf. Beide mans sit reeds sedert 2007 in die tronk.
© Yolanda Nel
Quinton Pieters is Vrydag ’n totaal van 53 jaar tronkstraf vir die verkragting en moord op me. Rachel Magda Maas, asook vir diefstal opgelê.
Volgens Siboleka leef die gemeenskap in vrees. “Gemeenskappe moet teen moordenaars en verkragters beskerm word. Ernstige optrede is nodig as mense binne hul huise verkrag en vermoor word,” het hy gesê.

“Waarheen kan vroue en kinders gaan om bietjie te ontspan as die reinheid van hul eie huise nie meer veilig is nie?”

Sikoleka het gesê die vrede van gemeenskappe word deur sulke mense ontwrig en dat hulle vir lank uit die samelewing geneem moet word. “Vertroue in die regstelsel moet steeds gehandhaaf word,” het hy gesê.

Volgens vroeër beriggewing was Cloete vanaf 1999 tot 2004 elke jaar in die hof op klagte van diefstal, huisbraak, besit van dagga en kwaadwillige beskadiging van eiendom.

Luidens die berig staan Pieters op vier klagte van verkragting, een klag van poging tot verkragting, een klag van diefstal en ’n klag van ernstige aanranding in ’n ander hangende saak in die Hoërhof tereg. Dit word beweer dat hy gedurende 2004 en 2007 drie vroue en ’n tienjarige seun op Keetmanshoop verkrag het.

Hy word glo ook van die diefstal van N$10 aangekla wat met ’n poging tot verkragting van ’n minderjarige meisie gepaard gaan.

Beide mans is deur mnr. Monty Karuaihe verdedig.