23.5.2012
 Argiewe:

Vandag se Spotprent


Gene Travers

Market indicators


23 Mei 2012

30 Bruidspare gekies


Advertensie
Advertensie

Ons Argiewe

16.02.12

Graf nooit toegegooi

15.02.12

Ongeluk eis bekende in perdrykringe

13.02.12

KK oor vingers getik

14.02.12

Drie fetusse binne ’n week

16.02.12

Kuberkrakers steel miljoene

6.09.2010

Chinees beboet oor buitelandse valuta

’n CHINESE burger wat in 2007 by die Internasionale Lughawe Hosea Kutako met buitelandse valuta ter waarde van ongeveer N$3,1 miljoen gevang is, is Vrydag in die streekhof in Katutura gevonnis. Jianguo Chen (48) het skuld erken op twee klagte van oortredings van die wet op Doeane en Aksynsbelasting deurdat hy 431 492 Amerikaanse dollar uit Namibië geneem sonder om die geld te verklaar.

Chen het op drie verdere klagte van oortreding van die Wet teen Korrupsie skuldig gepleit en erken dat hy na sy inhegtenisname drie polisiebeamptes probeer omkoop het deur onderskeidelik aan hulle N$700, N$10 000 en N$870 aan te bied.

Landdros Sarel Jacobs het Chen tot N$40 000 of twee jaar tronkstraf op die klagte van oortreding van die Aksynswet en tot N$10 000 of twee jaar op die klagte van omkopery gevonnis.

“Korrupsie is ’n ernstige oortreding wat kankeragtig die wortels van die reg aanval. Dit is noodsaaklik dat hierdie soort oortreding as onaanvaarbaar en van die bose bestempel word. Die vonnis wat hierdie hof gee, moet ’n duidelike boodskap aan die Namibiese gemeenskap stuur dat hierdie hof die beskuldigde se gedrag ten sterkste afkeur,” het landdros Jacobs gesê.

Die staat se aansoek om die geld aan die staat verbeurd te laat verklaar, was onsuksesvol aangesien die geld wat as bewysstuk by die klerk van die hof ingehandig is, intussen spoorloos verdwyn het. Volgens landdros Jacobs kan ’n hof nie ’n verbeurdverklaringsbevel maak vir iets wat daar nie meer is nie.

“In die geval waar beslag op buitelandse valuta gelê is en dit intussen gesteel is of vermis geraak het, kan ’n verbeurdverklaringsbevel nie gemaak word nie,” het landdros Jacobs opgemerk.

Chen, wat op N$200 000 borgtog was, het dadelik die boete van N$50 000 betaal. Me. Ingrid Husselmann het die staat se saak behartig terwyl Chen deur mnr. Sisa Namandje verteenwoordig is.