23.5.2012
 Argiewe:

Vandag se Spotprent


Gene Travers

Market indicators


23 Mei 2012

30 Bruidspare gekies


Advertensie
Advertensie

Ons Argiewe

16.02.12

Graf nooit toegegooi

15.02.12

Ongeluk eis bekende in perdrykringe

13.02.12

KK oor vingers getik

14.02.12

Drie fetusse binne ’n week

16.02.12

Kuberkrakers steel miljoene

24.08.2010

Bloed plaas skuldiges op toneel


Festus Shipanga
UITSLAE van DNS-toetse op die bloed van die twee mans wat tereg staan dat hulle ’n Duitse toeris, mnr. Peter Fellinger, in 2007 vermoor het, het bevestig dat die twee beskuldigdes op die misdaadtoneel was. Festus Shipanga (42) en Paulus Kamati (31) word aangekla van moord, roof met verswarende omstandighede, ontvoering en die onwettige besit van vuurwapens en ammunisie.

Die staat beweer dat die twee mans die Fellingeregpaar op 7 Julie 2007 by die Von Francois Feste wes van Windhoek aangeval en beroof het. Mnr. Fellinger is tydens die rooftog in die kop geskiet en me. Fellinger ernstig aangerand. Beide Shipanga en Kamati het onskuldig op al die klagte gepleit.

Die staat het Vrydag ’n forensiese kundige van Kanada, dr. Dean Patrick Hildebrand, geroep om te getuig oor die forensiese toetse op die bloed van die beskuldigdes en die bloedspatsels wat op die toneel gevind is. Dr. Hildebrand is die direkteur van die British Columbia Instituut vir Tegnologie se forensiese departement.

Volgens dr. Hildebrand is dit hoogs waarskynlik dat die bloedspatsels wat by die moordtoneel gevind is en wat hy later ontleed het, se DNS-samestelling ooreenstemmend met die bloedmonsters wat van die beskuldigdes geneem is.

Paulus Kamati
Dr. Hildebrand het getuig dat alle nodige stappe gedoen is om te verseker dat die hantering en ontleding van die monsters volgens die korrekte prosedures geskied. In sy slotsom het dr. Hildebrand getuig dat, volgens sy bevindings, die kanse dat dit nie die bloed van Shipanga was nie, 1 uit 440 00 is en vir Kamati 1 uit 92 miljard is.

Kamat i is in Jul ie deur Waarnemende Regter Dinah Usiku gelas om ’n nuwe bloedmonster te verskaf nadat die oorspronklike monsters deur die polisie verlê is. In vroeër getuienis het me. Fellinger beide Shipanga en Kamati as die rowers uitgeken. Shipanga is uitgewys as die een wat die sneller getrek het.

In kruisverhoor het mnr. Sisa Namandje, wat Shipanga verteenwoordig, dit aan dr. Hildebrand gestel dat sy getuienis van geen waarde is nie aangesien hy nie persoonlik al die DNS-toetse gedoen het nie. Dr. Hildebrand het hierop geantwoord dat die praktyk wat gevolg is, internasionaal erken en wêreldwyd toegepas word.

Hy het gesê dit sal onmoontlik wees vir net een DNS-spesialis om alleen alle monsters vir ’n gegewe misdaad te ontleed. Mnr. Frans Kwala, namens Kamati, het in kruisverhoor vir mnr. Hildebrand oor sy kwalifikasies gekonfronteer.

Dr. Hildebrand het volgehou dat hy oor die nodige kundigheid beskik om DNS te ontleed en het bygevoeg dat hy al dikwels tevore in soortgelyke sake getuig het. Die staat het hierna aansoek gedoen om twee verdere DNSdeskundiges van Kanada as getuies te roep wat met die ontleding van die bloedmonsters gemoeid was.

Die verdediging het heftig beswaar hierteen aangeteken. Waarnemende Regter Usiku het die aansoek toegestaan en gesê dat dit in die belang van geregtigheid is om verdere uitstel toe te staan ten einde die staat kans te gee om leemtes te vul wat deur die verdediging uitgewys is.

Die saak is tot 1 Desember uitgestel ten einde die staat die geleentheid te bied om die verdere getuies te roep. Mnr. Namandje het aangedui dat die verdediging intussen op 30 Augustus ’n borgaansoek sal indien. Me. Ethel Ndlovu behartig die staat se saak. Beide die beskuldigdes bly in aanhouding.