Bewysstuk in Schiefersaak word weer ondersoek

Die staatsgetuie, mnr. William Nambau, ?n ballistiese kenner van die Ministerie van Veiligheid en Sekuriteit se forensiese eenheid, het in Maart 2009 ?n verslag oor die einste bewysstuk, ?n klein kussing, ingedien.

?Tydens ?n visuele ondersoek van die kussing is geen gat of buskruitneerslag op die kussing gevind nie,? het hy getuig.

?n Tweede verslag wat op 22 Januarie 2008 uitgereik is, is ook as bewysstuk ingedien. Daarin staan geskryf dat vasgestel moet word of enige buskruitneerslag op die klein kussing gevind is.

Op die vraag waarom die binnekant van die kussing nooit ondersoek is nie, het Nambau geantwoord dat die aansoek destyds versoek het om ondersoek in te stel wat op die kussing gevind is en nie binne in nie.

?Met die tyd wat reeds verloop het, sal dit nie ongewoon wees as geen buskruitneerslag gevind word as daar nou na die kussing onder die mikroskoop gekyk word nie,? het hy getuig.

Volgens Nambau kon hy op die oog af sien dat iets aan beide kante van die kussing voorkom wat soos bloed lyk. Die kussing was ook aan altwee kante geskeur.

?Aan die binnekant van die kussing was ook iets wat soos brandmerke lyk,? het hy gesê.

Hy het gesê die uitslae van die ondersoek sal Maandag gereed wees indien die aansoek reeds ingedien was.

?Onder die mikroskoop sal ek kan sien wat die hitte-intensiteit was wat die brandmerke veroorsaak het. Ek kan ook moontlik vasstel wat dit veroorsaak het,? het hy gesê.

Die saak hervat Maandag.

Kategorie: