Barnard-moordsaak sloer al twee jaar

Twee jaar nadat me. Anette Magdalena Barnard van Aranos doodgeskiet is, is die hofsaak al telkemale uitgestel en het die enigste beskuldigde, haar man mnr. Willem Barnard, steeds nie gepleit nie.

Hy het Woensdag weer in die hof op Aranos verskyn en die saak is opnuut uitgestel terwyl steeds op die uitslae van bloedtoetse gewag word.

Barnard se borgtog is verleng en assistentlanddros Regina Munjano het gelas dat hy weer op 6 Augustus voor die hof verskyn.

Me. Barnard is twee jaar gelede met ?n .38-rewolwer op hul plaas in die Rooiduin- omgewing doodgeskiet. Die skietvoorval is glo voorafgegaan deur ?n stryeryoor die vermoorde leier van die Afrikaner Weerstandsbeweging (AWB), Eugene Terre?Blanche, wat op 3 April 2010 vermoor is.

Barnard is kort ná die voorval, wat ?n week ná Terre?blanche se moord plaasgevind het, in hegtenis geneem, waarna borgtog van N$20 000 aan Barnard toegestaan is.

Mnr. Soraya Petrus het aangekla.

Kategorie: