23.5.2012
 Argiewe:

Vandag se Spotprent


Gene Travers

Market indicators


23 Mei 2012

30 Bruidspare gekies


Advertensie
Advertensie

Ons Argiewe

16.02.12

Graf nooit toegegooi

15.02.12

Ongeluk eis bekende in perdrykringe

13.02.12

KK oor vingers getik

14.02.12

Drie fetusse binne ’n week

16.02.12

Kuberkrakers steel miljoene

24.01.2012

Avid-sewe wag steeds op uitspraak

© Republikein
DIE verhoor waarin ’n parlementslid saam met ses ander mense vir die N$30 miljoen Avid en Maatskaplike Voorsorgkommissie- skandaal teregstaan, is verlede week in die Hoërhof tot 11 April uitgestel.

Die rede is dat gewag word op die uitspraak van die Hooggeregshof waarin die sewe beskuldigdes die grondwetlikheid van hul inhegtenisneming uitdaag. Regter Alfred Siboleka het vir Regter-president Petrus Damaseb ingestaan.

Die saak was reeds bestem om in Junie verlede jaar te begin, maar was toe ook weens die hangende uitspraak uitgestel.

Die Swapo-parlementslid mnr. Paulus Kapia word saam met me. Ines //Gases, mnr. Otniel Podewiltz, me. Sharon Blaauw, mnre. Ralph Blaauw, Mathias Shiweda en Nico Josea op klagte van bedrog, korrupsie, en verskeie oortredings van die maatskappyewet, insluitend die uiting van valse getuienis tydens ’n verhoor, beskuldig.

Volgens die staat was die sewe beskuldigdes glo betrokke by N$30 miljoen van die Maatskaplike Voorsorgkommissie wat deur Avid Investments in die buiteland belê is en in 2005 verdwyn het.

Die beskuldigdes was almal direkteure van die maatskappye en is in 2008 in hegtenis geneem. Hulle is op borgtog van N$10 000 elk vrygelaat.

Mnr. Lazarus Kandara, hoof uitvoerende beampte van die maatskappy, het tydens die ondersoek voor die Windhoek polisiekantoor selfmoord gepleeg terwyl hy onder polisietoesig was.

Mnre. Sisa Namandje, Christie Mostert, Shafimana Ueitele, André Louw en Richard Metcalfe het namens die sewe beskuldigdes opgetree. Staatsadvokaat Ed Marondedze was die staatsaanklaer tydens die hofverrigtinge.