23.5.2012
 Argiewe:

Vandag se Spotprent


Gene Travers

Market indicators


23 Mei 2012

30 Bruidspare gekies


Advertensie
Advertensie

Ons Argiewe

16.02.12

Graf nooit toegegooi

15.02.12

Ongeluk eis bekende in perdrykringe

13.02.12

KK oor vingers getik

14.02.12

Drie fetusse binne ’n week

16.02.12

Kuberkrakers steel miljoene

19.08.2010

Aanranders skik buite hof


Jacques van Coller
DIE klag van poging tot moord op die bekende mediese dokter en sakeman van Windhoek, dr. Danie Jordaan, is deur die Prokureurgeneraal se kantoor van die rol verwyder en ‘n skikkingsooreenkoms is tussen dr. Jordaan en die drie mans wat hom in 2008 so ernstig aangerand het dat hulle van poging tot moord aangekla is, bereik.

“Die skikking is onderhewig aan geweldige beperkings, so ek kan nie die bedrag bekend maak nie,” het mnr. Enrico von Wielligh wat namens die twee broers, mnre. Paul en Quinton van der Merwe verskyn het, gesê.

Die ander aangeklaagde is mnr. Jacques van Coller, bemarkingsbestuurder van die kommersiële radiostasie, Kosmos.

Dr. Jordaan is Julie 2008 in die parkeerterrein van die dansplek, Kiepies, in Windhoek só erg deur die drietal aangerand dat ’n klag van aanranding met die opset om ernstig te beseer later in die Windhoek landdroshof verander is na een van poging tot moord.

Volgens mnr. Van Coller het dr. Jordaan reeds die saak van poging tot moord in Junie vanjaar teruggetrek, maar moes hulle nog op die Prokureur-generaal se beslissing wag wat eers Vrydag gegee is.

Gerugte dat die aangeklaagdes vir meer as N$1 miljoen geskik het, is deur beide mnr. Van Coller en mnr. Von Wielligh ontken.

“Omdat die aangeklaagdes deur twee verskillende prokureurs verteenwoordig is en die skikkingsbedrae verskil, kan ek nie sê vir hoeveel my kliënte geskik het nie,” het mnr. Von Wielligh gesê.

Dr. Jordaan en sy regsverteenwoordiger, mnr. Francois Erasmus, kon nie vir kommentaar bereik word nie.