23.5.2012
 Argiewe:

Vandag se Spotprent


Gene Travers

Market indicators


23 Mei 2012

30 Bruidspare gekies


Advertensie
Advertensie

Ons Argiewe

16.02.12

Graf nooit toegegooi

15.02.12

Ongeluk eis bekende in perdrykringe

13.02.12

KK oor vingers getik

14.02.12

Drie fetusse binne ’n week

16.02.12

Kuberkrakers steel miljoene

20.03.2010

Hooggeplaastes hier vir 20ste fees

© Floris van Schouwenburg
President Jacob Zuma van Suid-Afrika kom by die Internasionale Lughawe Hosea Kutako aan net voor sondonder.

DIE ou aankomsaal by die Internasionale Lughawe Hosea Kutako buite die hoofstad is spesiaal ingerig en die rooi tapyt is uitgerol om verskeie staatshoofde en ander diplomate te verwelkom met hul besoek aan Namibië.

Dié eregaste kom deel in die 20ste onafhanklikheidsvieringe en fotograwe by die lughawe het bont gestaan om die oomblikke op kamera vas te lê.

Die spesiale besoekers sluit onder meer in die voormalige president van Nigerië, dr. Olusegun Obasanjo; me. Zanele Mbeki, vrou van die voormalige Suid-Afrikaanse president, mnr. Thabo Mbeki; mnr. Dali Tambo, seun van Oliver Tambo (‘n voormalige en afgesterwe president van die African National Congress, of te wel die ANC van Suid-Afrika; die president van Mosambiek, mnr. Armando Guebuza; Zimbabwe se president, mnr. Robert Mugabe; en die president van Suid-Afrika, mnr. Jacob Zuma.

Aan sekuriteit was daar nie 'n tekort nie en lede van die Windhoekse Stadspolisie en die Namibiese Weermag was elke paar kilometer langs die pad te bespeur. Op die lughawe self het lede van die Namibiese Polisie en sekuriteitswagte verseker dat die geleentheid glad verloop.

Floris van Schouwenburg het die hooggeplaastes afgeneem.