Vandag se koerant


Vandag se Spotprent


Gene Travers

Motor 26 September

Advertensie
Advertensie

Ons Argiewe

03.10.08

Walglike toestand in rykmansbuurt

02.10.08

Khomas-grote haal rekordboek

02.10.08

Twee gesinne in rou ná fratsongelukke op hul werf

01.10.08

Wittebroodsnag in selle

01.10.08

Harry Simon op sy knieë

24.07.2008

Hof ondersoek staatstender aan Chinese

DIE regspan vir ’n Chinese boukontrakteursfirma aan wie ’n regeringstender vir etlike miljoene Namibiese dollar toegeken is wat tans die spil vir ’n hofaansoek vorm, het ‘n aansoek vir die hersiening van die tender as ’n smeerveldtog teen Chinese kontrakteurs bestempel wat xenofobiese gedrag uitlok.

Die aansoek is in November verlede jaar op ’n dringende basis gebring deur Namibia Construction en Murray & Roberts, nadat die tender vir die konstruksie van die nuwe akteskantoor ter waarde van nagenoeg N$74,4 miljoen aan China Nanjing International toegeken is. Verskeie tegniese punte is deur die gesamentlike regspan vir China Nanjing, die Ministerie van Werke en Vervoer asook die Tenderraad geopper.

Die ophaal van die tegniese punte deur China Nanjing is Maandag deur die advokaat vir die aansoekers as “steriele formalisme” bestempel, asook ’n poging deur die respondent om die hofproses te kaap ten einde hul kliënt die geleentheid te gun om met hul bouwerk voort te gaan. Advokaat Adrian de Bourbon, SC, het gesê terwyl die aansoek sloer, bou die Chinese kontrakteur so vinnig as wat hulle kan met nagenoeg N$3,5 miljoen se bouwerk wat die afgelope maand gedoen is.

Die bouwerk aan die projek het vanaf Oktober verlede jaar tot Junie hierdie jaar sowat N$7 miljoen gekos. “’n Onwettige kontrak is besig om straat-op van hier af plaas te vind,” het adv. De Bourbon verder gesê en gevra dat die saak spoedig en regverdig afgehandel word.

‘n Groot deel van die tegniese punte wat teen die aansoek opgehaal is, hou verband met ’n deel van die aansoek waarin swaar gesteun word op ’n verslag deur die argitek van die projek, mnr. Kerry McNamara, asook ’n brief deur hom waarin die toekenning van die tender aan China Nanjing hewig gekritiseer word. Die getuienis berus volgens die respondente op hoorsê aangesien mnr. McNamara nie ’n beëdigde verklaring ingedien het by die hof om te bevestig dat hy die outeur van die gewraakte verslag is nie.

Die respondente beweer verder dat die gewraakte verslag, waarin aanbevelings gemaak word oor aan wie die tender toegeken moes word, nooit voor die Tenderraad gedien het nie. Die senior advokaat dr. Pieter Henning, regsverteenwoordiger vir China Nanjing, het selfs verder gegaan en mnr. McNamara daarvan beskuldig dat hy ’n persoonlike vendetta teen die Chinese kontrakteursfirmas het en die applikante gebruik om sy vuilwerk te doen.

Hy het die aansoekers beskuldig dat hulle baie ernstige beweringe teen die Regering maak, onder meer dat hulle met die Chinese saamgewerk het om die landswette te oortree. Mnr. De Bourbon het later tydens die hofsaak gesê dit is nie ’n doodsonde om die Regering te kritiseer nie en dat diegene wat in magsposisies is aan openbare ondersoek (public scrutiny) blootgestel behoort te wees. Deursigtigheid van die regering is volgens hom een van die hoekstene van demokrasie.

Dit is volgens hom verder die fundamentele reg van die aansoekers om hul vryheid van uitdrukking in die verband uit te oefen. Adv. De Bourbon het verder gesê die land se grondwet en ander wette, byvoorbeeld die regstellende aksie wet, is daarop gemik om die landsburgers te bevorder en nie vreemdelinge nie. Hy het die respondent daarop gewys dat hulle nêrens in hul dokumente ontken dat China Nanjing in besit van ’n regstellende aksie voldoeningsertifikaat moes wees nie.

Adv. De Bourbon het uit dokumente aangehaal en uitgewys dat daar in ’n tydperk van ses maande verlede jaar nagenoeg 366 werkers by China Nanjing werksaam was wat van hulle ’n relevante werkgewer, soos omskryf in die wet maak. Nieteenstaande het hulle nie ’n regstellende aksie voldoeningsertifikaat nie en moes die tender gevolglik nie aan hulle toegeken gewees het nie. Die saak kon nie gister afgehandel word nie en die griffier sou die partye van ’n nuwe hofdatum voorsien ten einde die saak af te handel.

• Adv Albert Strydom en adv. De Bourbon, SC, het vir die aansoekers opgetree, adv. Natasha Bassingthwaighte en Gerson Hinda vir die Regering en die Tenderraad en adv. Andrew Corbett en die senior advokaat dr. Pieter Henning vir China Nanjing, die derde respondent.