VIR SUPPORT :
My Bybel Sakkie en sakke vol support van vriende en familie Cellphone (stokoud) met baie krediet
INTENSIE : Ek werk op ‘n weggee sisteem. As dit vuil is, behalwe my somersklere, word dit “dispose” aan die plaaslike bevolking.
REG OM TE VERTREK:
Op die lughawe probeer ek vinnig ‘n terugblik kry oor die trip. Voor ek 50 word wil ek Kili Klim en Everest sien – met die Tibetse monike stry en ‘n geestelike serimonie bywoon. Sover gaan dit goed alles is gereel – ek gaan my goeie fisiese gesondheid vier en emosionele rus kry! My cellphone lui – dit is Lourens, my oggend oefenmaat van baie jare – en baie lank terug. “Jy moet dit geniet – voor jy jou kom kry is die race verby. Dit was jou wens vir my voor comrades – dit sal my altyd bybly. Dit is nou my wens vir jou “ se hy. Lourens is seker die mens waarvoor ek die meeste respek het. Hy is altyd daar vir al sy vriende, eerlik en opreg. Tog, verwys hy altyd na die motivering wat ek vir hom was met sy eerste Comrades. Dankie Lourens vir die waardering.
VOORBEREIDING VERVOLG TOERUSTING:
Behalwe vir goeie boots, goeie stapsokkies en stapstok het ‘n mens nie veel nodig nie.
OEFENPROGRAM : Ek dink terug – hopeloos te min geoefen en te veel beplan en verskonings uitgedink! Anyway – as my liggaam nie reg is nie, my kop is
FOEFIES : Foefie of nou nie, my Garmin is vir my ‘n noodsaaklikheid. Ek kan presies se die tipe oefening, distansie, tyd, plek wat ek geoefen het. Ek wil net nie vir julle se nie.
MAATS : Het so af en toe gaan hardloop met die “hardloopmaats”, maar doelbewus nie te veel nie – netnou word ek fiks! Dan is die druk daar om liewer die wedloop te hadloop en dit wil en nie! Axel draf so af en toe saam, maar toe raak dit winter en almal weet Avis is koud. Ek gym en stap baie gereeld, maar die winter en werkverpligtinge briek dit bietjie. Riaan stap so af en toe saam. Lekker! Jacqui is altyd gereed en opgewonde as ons stap. Winder, koue vroegoggend laat aand – sy gee nie om nie. Van almal sou ek haar graag vandag saam met my wil hê. My ou Jack Russel hou nie eens van kar ry nie – wat nog te sê om 24 uur te vlieg. Sal sy nou regtig die verskil tussen die Himalyas en Avis dam ken?? Nou toe, ek is reg om die dak van die wêreld - die Himalyas te gaan verken. Snaaks genoeg na die Himalyas word verwys na “Eternal snow that crowns their peaks” my gedagte oor Global warning - what will we call them when all the snow has gone”
31 October DELHI
Na ‘n lang uitputtende reis land ons in Delhi. Ek ontmoet vir Linda en Greg op die lughawe. Hulle is deel van die groep en van Kaapstad. Die toerleiers tel my op en neem my na die guesthouse in New Delhi.
Die verkeer is totale chaos en almal lê op hulle hooters. Ek ontwikkel ‘n skaarste – hoofpyn! Die guesthouse is karig maar skoon. Ek stap bietjie buite rond. Byt op my tande, hou my mond toe, want dit is BAIE vuil en dit stink, plek plek is daar urine walms.
Ek hou nie lank buite nie. Die gasheer stel ‘n eetplek voor, maar ek was my sweetpak en eet Namibiese Biltong vir aandete. Ek probeer slaap, maar die “temple” langs ons se ligte skyn heelnag. Die “priesters” sing heelnag. Slaap bly weg.
Scooters ry in die state. Families van tot 5 persone Pa bestuur, kleintjie voor hom, tussen hom en ma sit nog ‘n kind, ma met hoë hak skoene en een op haar skoot. Een scooter het ‘n baba voorop in rugsak! Hulle sin van balans is baie goed!
1 Novemer Delhi
Ek ontmoet vroegoggend nog 18 deelnemers. Ontbyt was 4 snye witbrood met of botter of gemengde rooi konfyt “rooiverdriet”, ‘n piesang en een hardgekoookte eier en tee. Ek dink aan ons eie B&B’s. Ek is trots op ons gastehuise. Ons is weer in die besige verkeer op pad na die lughawe. Taxi’s en scooters is oral.
By die lughawe is ons deur 3 sekuriteits stops – die weermag is baie teenwoordig. Ons vlieg nou (61 van 23 verskillende lande) met Jet Air na Bagadora. Die Himalya bergreeks staan awemrowend bo die wolke uit. Ons word verbied om fotos uit die vliegtuig te neem. Die ete is vir die eerste keer eg Indies. Spanasie hoender, Rys Kerrie sous, Roetie, Yogurt met komkommer en ‘n soet koekie in kaneelsout. Die perperment na die tyd was ?? Badaora sien ek deur die venster van die vliegtuig – is omring met Hawerplantasies.
Dit laat jou aan ons eie mielie driehoek by Grootfontein dink. By die lughawe is ons weer deursoek en paspoorte gestempel. Buite kom almal bymekaar. 3 Tata busse wag vir ons. Mr Pandey sukkel om ons te organiseer. Ons klim toe maar later net op. By nou het die groep mekaar leer ken almal vra dieselfde vrae – vanwaar, beroep, hardloop of stap. Die mense is vriendelik en van oral, maar hoofsaaklik van Engeland (UK), USA, Somalia, Ierland Duitsland, Italia, Finland en 3 SA.
Verbasend weet meeste waar Namibia is en verneem oor Swakopmund. Aan eettafel die aand verneem ek dat een van die UK ‘n soldaat in Yemmen is. Hy samel nou geld in om die weermag se ICU weer aan die gang te kry. Hy vertel van soldate wat sterf, ledemate verloor en geskiet is. Ons praat oor oorlog en die onregverdigheid daarvan.
Ons vertrek van Bagdora met die woorde “The police of Bagdora welcomes you” wat sou dit beteken. Die 3 bussies vleg deur nou state. Al teen die kante teenaan die pad is informele besighede, fietswinkels, scooter repair shops, bus repair shops, retailers, meubel makers, silk verkopers. Dis Saterdagnamiddag en oral word getrou, in pure muslim styl – op die straat in ‘n selfgemaakte tempel wat lyk soos ’n Hollywood stel.
Bollywood se stere verkoop nog steeds Coke, Lux seep en die lokale cellfoon dienste. So tussen die ryery begin ons die bergreeks te klim. Ons ry deur ‘n donker reenwoud. Ons is die laaste van die 3 bussies. Die bestuurders gee vet, die hellings is styl en die paadjie kronkel baie. Hulle kan nie waag om stadig te ry nie, anders kom hulle nie bo nie. Verkeer wat opgaan kry voorkeur.
Die pad is baie nou. Verkeer op die afdraende moet stop sodat ons kan verby kom. Dit wat die busse gebrek het aan gerief, maak die busbestuurders op in skills. Vir die volgende 2 ¾ uur ry ons so, plek plek maak die woud ruimte vir tee plantasies. Groot rooi en geel blomme is tussen die varings, denne bome en piesangbome.
Dit is kannas en ponsetias. Dit is so groot soos skottels. Langs hierdie kronklepad is plek plek sien jy die teeplantasies en ook gehuggies -die area is gewild vir tee. Weet nie hoe hulle leef nie, want die verkeer is baie. Ek merk op dat die gelaatsstrekke van die mense nou heelwat aanders is – amper oosters.
Hulle is van Napal en Tibet. Hierdie kronkelende rollercoaster ride al om die berg vat ons van onder 2000m tot 5500ft (2600m) Die Indiese regering het hierdie aarde afgesonder vir vlugtelinge van Tibet en dit grens aan Nepal. Van bo is die scenery asemrowend. Kan geen fotos neem nie, agv die spoed en draaie. More ry ons terug sal dan neem.
Mr Pandey en sy span hou racebriefing. Weereens besef ek hoe min mense regtig lees – die vrae is alles beantwoord in sy boek. Hy sê Himalya beteken “house of snow”- ons moet dit uitspreek as ‘himalia en nie himalya nie Ons gee U$60 vir tips en kry T-shirts, serp en hoed. Pak ons tasse reg wat more vooruit berg toe moet gaan, Hierdie tas sien ons eers weer oor 2 dae.
Aandete was heerlik. Rys, soya met bone, spaghetti – regte aartappels, groenbone en wortels, Ticca chicken, Rootie nagereg was vrugteslaai en vla – homemade. Tee word bedien. Ons kruip vroeg in. my kamermaat is Sarah Winter, ‘n fisio van New Zealand wat werk in London (Airforce). Haar man is ‘n developer. Sy vertel van hoe die Credit Crunch hulle beinvloed. Sy het al oral in die wereld gehardloop en deur Afrika , insluitende Namibia gebackpack – ek stuur ‘n sms huistoe.
2 November Mirrik
5h30 – ons word wakker gemaak nadat ons die heelnag na honde & bobejane (monkeys) geluister het. Tasse vir die berg word gelaai vir Sandakphu. Ontbyt was heerlik – hawermoutpap met heuning & melk, mushroom ommelette toast, bake beans & koffie. 6h30 Ons vertrek met dieselfde bussies na Dajeeling. Ek dog ons gaan af, maar ons ry vir 33km nog op – geen idée hoe hoog nie.
Die woud bly donker en die pad is weer styl en kronkelend. Ons begin om die bergreeks te sien Katchenjanga die derde hooogste berg ter wêreld is duidelik sigbaar. By een van die gehuggies stop ons vir fotos. ‘n Nepalese vrou dra swaar aan haar vrag. Mr Pandey se dat die pad is deur India gebou en dit is die grens tussen India en Napal. Party plekke lyk sy stelling amper onmoontlik.
Die 33km na Darjeling neem 2 ½ uur. Langs hierdie pad wat India en Nepal skei, is daar ‘n aaneenlopende een ry huisies. Alles is armoedig, geen sanitasie geen plumbing (die pype vir die elektisiteit en water is sommer so deurmekaar bo en onder ) karre ry oor die pype. ‘n aaklike klank is in die lug – ek gebruik my serp teen die walms. Tata is baie gewild hier – Tata lorries, Tata karre, Tata selfone, Tata airtime, tata skryfbehoeftes, Tata toiletpapier, pickels en water.
Die water vir die gehuggies word met lorries aangery. Ons ry die toy-trem – ‘n stoomtrein wat net op Sondae ry. Binne is dit baie mooi versier. Agv sy ouderdom rook die trein baie – net soos Dajeeling is alles vol rook. Ons besoek die Himalya en Everest museum. Daar is ook ‘n skool waar seuns van 8 jaar as sjerpas opgelei word vir byna 10 jaar. In die dieretuin sien ons tigers, olifante, yorks, deers en slange.
Die rit terug is ‘n ander 2 ½ uur – By nou is dit 16h30 en pikdonker die mis is dik. Ons drywer beheer die bus met gemak, maar ons is almal gespanne. Ons besoek die temple – ons kon deelneem aan die seenwense seremonie. Die plek is mooi, maar ek kon my nie sover kry om deel te neem nie. Die standbeeld van buddah en die versierings sit my af en vir eens is my nuuskurigheid oor die geloof genees.
Ek lees liewer Jesajah en vra genade vir die dae wat voorle. Aandete was karbo-loading, pasta, rys boontjies en hoender. Ons doen ‘n onding - handig paspoorte in. Mr Pandey het spesiaal gereel dat ons nie deur die sekuriteit hoef te gaan by die 3 stoppunte nie – hy hou ons paspoorte ! Praat van die vertroue wat ons in ‘n heel onbekende indier het. Ons pak klaar – nog ‘n tas bly agter by die hotel – net jou rugsak, water en kos gaan more saam. Ons kruip vroeg in!
Dag 1 van wedloop : 3/11/08
Ons staan 4h30 op – tasse moet ingehandig word voor ons vertrek. Ons kry ‘n gepakte breakfast 2 botter toebroodtjies, koek, piesang, aartappel en ‘n vrugtesap. Ons vertrek 5h15 met die tata bussies. Ons ry halfpad na Darjeeling waarna ons afdraai na Manebhanjang. Almal is nog moeg van gister se trip. Die ou manne van Manebhanjang is van Tibet -hulle doen vir ons ‘n traditionele seremonie.
Ek dans lekker saam. Die plek is baie skoner en rustiger as enige van die vorige plekke. Voor die wedloop kry elke deelnemer ‘n wit serp, ‘n teken van vreugede en peace. Ons begin die moordende pad 24myl (38 Km). Die pad lyk en is so styl soos Avis toring. Alles kan gaan, maar na 5km verander die pad in gobbelstones, ons voete kry baie seer.
Ons koop pepsi, sien meer temples en word verwelkom deur die locals. Die tata bussies is nou verruil vir jeeps. Die jeeps keer ons voor by die halfpad merk en deel ons mee dat ons nie die stap kan voltooi nie, dit is te gou donker en word baie koud. Dit neem ons nog 4 ure met die jeep om die 17 myl na Sandaphu te voltooi. Die haarnaaldpad is baie styl.
Ons kom donker aan by Sandaphu, dit is ongeveer 5 uur in die middag. Was teleurgesteld dat ons moes ry in plaas van stap. My lyf is seer geskud. Dit is baie baie koud. Ons sorteer bagasies uit, slaap in hutte 20 in ‘n kamer Aandete – ek het geen aptyd, maar dit is weer carbo loading. Ek eet net hoeder sop.
Altitute op Sandaphu National Park 12000 voet (4000M). Pad is gebou vir sneeu. In winter is dit heetemal onder sneeu. 3 deelnemers word op drip geplaas agv hoogtesiekte, ondanks die feit dat hulle die pille geneem het. Hulle kan nie die berg af nie, dit is te koud. Die dokter monitor hulle deur die nag. Monike kom bly hier vir 3 jaar in solitude. Sny geen hare geen kontak met mense.
Dag 2 Ons staan 5h00 op reg vir sonsopkoms. Die son is by 1 uur nog nie uit nie Everst bly weg.Ons neem fotos met geen waarborg of dit sal uitkom nie. Die tog vandag is 20 myl (24 km)m en die stappers is af – ek en nog ‘n paar besluit om te stap – dit was lekker. Ons stap vir meer as 3 ure in die mis. Dit is baie koud. Ek kry vandag die geleentheid om bietjie alleen te stap. Die avontuur is asemrovend.
Die mis was nog heeldag dik, maar die omringende berge is sigbaar. Ek het sopas stage 2 voltooi. (11800) en baie tyd aan myself spandeer. Ek is nou ontspanne en het vrede met baie issues gemaak. Die dag was bitterlik koud en nat. Die mis so dik dat jy net een tree voor jou kan sien Ons geniet mekaar se geselskap en maak grappe.
Heerlik. 17h50 ons slaap ligte uit. Die nag was bitterlik koud. Ek slaap met my thermals, sweetpak in ‘n sub zero slaapsak. Die wind huil buite. Elke nou en dan waai dit die deur oop. As die koue inwaai, waag iemand om dit toe te maak – die sakke voor die deur help nie om dit toe te hou nie, die wind is te sterk.
Dag 3 MARATON DAG
My verwagting om die berge te sien is baie laag. Ons eet ontbyt en maak gereed. Weer ‘n re-schuffel van sakke – ons kry eeers die tasse eers laat vannaand. Nog deelnemers join die groep. Hulle hardloop net die marathon. Die son kom op en dit lyk of ons gelukkig gaan wees. Ons wag-en-wag die mis lyk of dit wil weggaan. Ek neem fotos soos wat dit kan. Die stap die hele dag (amper 7 ure) om die 26 myl (42 km) te voltooi .
Ek verruil my stapskoene vir tekkies. Dit was ‘n fout, want die pad is nat in die woud. Ek koop ‘n stukkie grond in die Himalia. Die omgewing is baie mooi. Die woud eindig aan die begin van die plotte. Die gebied is baie arm, maar skoner.
Die skool is aan die begin van die dorpie “Rimik”. Hulle is vriendelik die dorpie verwelkom ons met groot gejuig! Die akomodasie was steeds karig maar skoon. Langsaan was fasilitiete met westers toilet en shower. Hubert van Austria hardloop die marathon in 4h11 en die laaste hardloper se tyd is 15 uur.
Ek is half spyt ek het nie gehardloop nie, my tyd is vinniger as hulle s’n, maar ek maak vrede met my keuse. Die meeste hardlopers stap die opdraendes en draf die afdraendes agv die gradient van die pad – ons is ook bang vir seerkry op die klippad. Dit is aartappel wereld die. Hier verpak hulle die aartappels in sakke van 65 kg. die hele dorpie is primitief, behalwe vir ‘n behoorlike elektroniese skaal wat die aartappel sakke weeg.
Ete was Chips! Chips (soos quavers) gebakte aartappels en popcorn – ons kon coke koop. By nou eet almal aan my biltong vir protiene – die amerikaners noem dit jerkies. Die laaste hardloper kom eers na 8 uur in . Less is 70jaar en sy woorde “If I must see one more stone! “Bluddy stones” Ons lek ons wonde – seer voete word gepamper en blasé word versorg – ek is gelukkig om geen blasé te kry nie.
Hierdie gepampery is nou al deel van ons naglike roetine. The night was cold- Obama won the US election and Paula Redcliff the NY Marathon DAG 4
HALFMARATHON DAG Die pad is vandag 21 km en die klippad is nou ‘n teerpad met potholes so groot soos vlieende pierings. Van die stappers vat hike met bus – sien die hele veld van harldopers geniet dit – ek en Maridelle geniet die stappie. Die pad is nog steeds ‘n kronkelpad op en af die berge heen. My klein beentjies in my voete smeek om genade, maar daarvan het ek maar min. Dit is 10 jaar na Paul se ma se dood.
Hy is omtrent 30 – hy huil dan die wedloop ek troos hom. Ontmoet vir Tubby – spaanse joernalis ons click lekker. Middagete by Rimbick. Ons gasheer vra dat ek ‘n foto van sy ma moet neem. Sy het haarself nog nooit gesien nie, hulle het nie ‘n spiel nie. Ek neem fotos en wys haar . sal dit vir haar pos.
Rimbick is ‘n pragtige plek, skoon vriendelik maar baie primitief. Ek is bly ek het gekom tussen intelegente mesne met ‘n gemeenskaplike doel, pragtige omgewing en rus in my hart. 14h00 Ons kry kans om in die winkels te loer ek koop ‘n tee beker en klokkie. Die klokkie word geweeg om die prys te bepaal.
Ons dwaal in die strate rond gesels oor die rede hoekom die wedloop gekies is en die highlights & lowlights Almal gesels oor die support op die pad vandag. Baie moeilik om te hardloop na maklike marathon. Support was great. Insanity is definitely required to run this race.It drains you physically and emotionally. Die aand word ons entertained deur die lokals en onself met tradisionele tradisies.
Elke land moet iets sing eie aan sy land. Die klomp Suidafrikaners is almal engels – daar word aangedring op iets Afrikaans. Ek staan stoksiel allen en sing, suikerbossie. Ek verlang na At en Andre. Die porters en helpers ontaard in dansers & singers. Bollyhood ster sing vir ons ‘n Indiese lovesong en die res val in met tradisionele Indiese dans en sing. Ons word genooi om saam te dans.
Vroue van India neem nie deel nie. Ons is vroeg in die bed. More le die laaste skof voor. Ek dispose nog klere, het nou net ½ tas oor. Genoeg plek vir ‘n handgewerkte Napalese mat LAST DAY The trip is from from Rimbick back to Manebhanjang dit is 17 myl (27 km). OP 10 myl om te gaan raak ek verslaaf aan die suurstof en gee my tekkies ‘n laaste slof voordat ek hulle weggee. Ek voel goed – ek hou van hardloop. Ek sal beslis weer begin hardloop. Die skoolkinders wag ons in. Ons kry weer geel serpe wat vreuge beteken.
Ek en Sara deel skryfbehoeftes uit en ek kry die geleentheid om my geskenke vir die skoolhoof te gee. Hy waardeer die tandeborsels. Ek wens ek het nog gebring. Ons ry ‘n veeleisende 25km terug deur die bos na Merik. Ons slap nou in Swiss Motel. Die race is offisieel verby! Ons hou party en prysuitdeling die aand. Sarah my kamermaat, wat wereld klas tye hardloop, wen die vroue afdeling en die Australian Hubert, ‘n wereld record houer die mans.
Volpunte vir die organiseerders. Hulle het onder baie moeilike omstandighede alles vir ons gereel. Met deelnemers van so baie lande is dit ook moeilik om by al die kulture in te pas. My hoogtepunte van die wedloop was beslis die heerlike Yak melk en hot chocolate in Sandaphu – dit smaak soos kondensmelk, die samesyn van die groep, die pragtige omgewing en die stilte in die park.
Dit was lekker om net myself te wees, sonder die verwagting dat jy moet presteer. Dit het vanself gekom. Die moeilikste deel was om die swak higiene, polution en onnetheid van die Indie te aanvaar . Vir ‘n uitgesproke Namibiese vrou, was die ‘carte’ sisteem totaal onaanvaarbaar, maar vir die 10 dae het ek daarmee saamgeleef en my mond gehou – en vir die wat my ken, is dit seker nie maklik om te glo nie maar ek het want ek moes.
Met ons terugkom in Delhi boek ek by ‘n vyfster in – is nou moeg van swaarkry As Kilimanjaro my berg van realiteite was, is die Himalia bergreeks beslis my bergreeks van waardering.
Ek waardeer my familie, vriende , my godsdiens, ons skoon land en sy lekker kos en gasvryheid meer as ooit in my lewe. My dank aan elkeen wat ons land se naam hooghou en hom skoonhou. Die intieme tyd saam met internationale reisigers leer my dat al is die omstandighede hoe primitief, almal waardeer netheid en gasvryheid. Kom ons hou ons land mooi skoon !!!
Klik op die foto om die fotogallery te vertoon.
In die gallery sal jy na die volgende of die vorige foto's kan aanbeweeg deur in die linker- of die regterkant van die foto te klik. Alternatiewelik kan jy die sleutel "T" gebruik vir terug, "V" vir vorentoe of "M" om die fotovenster toe te maak.