23.5.2012
 Argiewe:

Vandag se Spotprent


Gene Travers

Market indicators


23 Mei 2012

30 Bruidspare gekies


Advertensie
Advertensie

Ons Argiewe

16.02.12

Graf nooit toegegooi

15.02.12

Ongeluk eis bekende in perdrykringe

13.02.12

KK oor vingers getik

14.02.12

Drie fetusse binne ’n week

16.02.12

Kuberkrakers steel miljoene

9.11.2009

Hidipo moet bedrog bewys, sê Ithana

DIE Rally for Democracy and Progress (RDP) se president, mnr. Hidipo Hamutenya, is uitgedaag om met konkrete bewyse van verkiesingsbedrog deur Swapo na vore te kom.

Indien hy dit nie kan doen nie, behou Swapo hom die reg voor om ’n saak van naamskending aanhangig te maak. Die boodskap het van Swapo se sekretaris-generaal, me. Pendukeni Iivula-Ithana gekom toe sy ’n nuuskonferensie in Windhoek toegespreek het.

Mnr. Hamutenya het hierop gesê Swapo is welkom om dit te doen en hy sien uit daarna om me. Iivula-Ithana in die hof te sien waar hy sal vertel van al die verneukery in vorige verkiesings.

Me. Iivula-Ithana het verwys na onlangse uitlatings van mnr. Hamutenya op Okongo tydens ’n RDP-vergadering.

“Indien mnr. Hamutenya bewus was van enige kullery deur Swapo, hoekom het hy dit van wetstoepassingsagentskappe weggesteek? Dit is mos algemene kennis dat wanneer iemand saam met ’n groep gaan om te steel, hy ook ’n dief is.

“Ons in Swapo is nie bewus van enige kullery waarna mnr. Hamutenya verwys nie. As hy gekul het dan het hy dit alleen gedoen en nie in die naam van Swapo of namens Swapo nie. Hy moet uitkom en sê namens wie hy gekul het.

“Ek was en is in die Swapoleierskap voor en na onafhanklikwording en het die meeste vergaderings bygewoon waar beleidsbesluite geneem is. Op geen tydstip het ek deelgeneem aan of was ek ’n getuie van of het ek enige planne gehoor oor die onderwerp van kullery op enige sakelys van Swapo nie.

“Ons weet nie watter aard die kullery aangeneem het nie, gevolglik moet mnr. Hamutenya klinkklare bewyse sonder enige twyfel van hierdie beweerde kullery bring. Indien hy dit nie doen nie, moet die wetstoepassingsagentskappe hom besoek ten einde ’n geswore verklaring by hom af te neem. Indien dit nie gebeur nie, behou Swapo hom die reg voor om herstel van die onreg voor die hof te soek,” het me. Iivula-Ithana gesê.

Mnr. Hamutenya het gereageer op die aantygings en hofdreigemente en gesê die stembriewe wat langs die pad naby Okahandja opgetel is na die 2004-verkiesing en die hofbevel ten gunste van die Congres of Democrats (CoD) dat die stemme oorgetel moes word, reeds klinkklare bewys van verkiesingsbedrog is.

“Die Namibiese nasie wag tot nog toe op ’n rasionale antwoord van óf die Regering óf die Verkiesingskommissie oor hoe die stembriewe in die veld beland het.

“Onlangs is verneem dat stembriewe wat deur NamPrint gedruk is op Gobabis gevind is. Dis glo stembriewe vir hierdie verkiesing,” het mnr. Hamuenya gesê.

“Ek wil graag hof toe gaan en daar sal ek meer sê. Ek is nie bang om deur me. Iivula-Ithana voor die hof gedaag te word nie,” het hy bygevoeg.