Advertensie
Advertensie

Vandag se koerant


Vandag se Spotprent


Gene Travers

Lesers 2010


Kyk saam!

Moorddossier


Advertensie
Advertensie
Advertensie

Ons Argiewe

25.08.10

Skaduwêreld ontbloot

23.08.10

Ongeluk eis bekende

23.08.10

Nujoma: Vat die grond

24.08.10

Tragedie in sjebeen

24.09.2008

Herwinning van skatskip by Oranjemund


’n Moontlike replika van die skatskip wat vroeër vanjaar op Oranjemund ontdek is. Die span argeoloë uit Portugal wat deelneem aan die herwinningspoging het geskiedkundige boeke uit die Afrika-ontdekkingsera aan Namibië geskenk. Van links is die direkteur van nasionale museums, me. Esther Moonbolag-Goagoses, dr. Francisco Alves van Portugal, dr. Dieter Noli van Kaapstad, dr. Miguel Alelvia van Portugal, dr. Bruno Wertz, die projekleier en dr. Peingeondjabi Shipoh, permanente sekretaris van Jeug, Nasionale Diens, Sport en Kultuur.

DIE ontdekking van ’n sestiende eeuse skeepswrak by Oranjemund is die grootste en belangrikste internasionale vonds sedert die ontdekkings wat in die piramides in Egipte gemaak is.

Dit is die mening van ’n span plaaslike en internasionale deskundiges op die gebied van geskiedenis en argeologie wat tans op die myndorp saamgetrek is as deel van die reddingspoging van dié ontdekking.