23.5.2012
 Argiewe:

Vandag se Spotprent


Gene Travers

Market indicators


23 Mei 2012

30 Bruidspare gekies


Advertensie
Advertensie

Ons Argiewe

16.02.12

Graf nooit toegegooi

15.02.12

Ongeluk eis bekende in perdrykringe

13.02.12

KK oor vingers getik

14.02.12

Drie fetusse binne ’n week

16.02.12

Kuberkrakers steel miljoene

27.08.2010

Helde van weleer vereer

© Ellanie Smit

© Ellanie Smit
‘n SOMBERE atmosfeer het gister op Lüderitz geheers tydens die herdenking van Heldedag waar die gebeendere van persone wat in 1999 in die Sperrgebiet ontdek is, begrawe is.

Die herbegrawe van die menslike oorskot was die hooftema van die dag waarop die slag van Omugulu-gwoOmbashe gewoonlik herdenk word.

Dié slag, wat op 26 Augustus 1966 plaasgevind het, word algemeen as die begin van die Namibiese vryheidstryd beskou.
© Ellanie Smit

© Ellanie Smit
President Hifikepunye Pohamba, die Eerste Minister, mnr. Nahas Angula, die Adjunkpremier, mnr. Marco Hausiku en die stigterspresident van Namibië, mnr. Sam Nujoma, het die teraardebestelling bygewoon.

Die sogenaamde Charlottental-oorskotte is met volle militêre eerbewys begrawe.

Kranse om die dade van Namibië se helde van die Vryheidstryd te vereer, is ook tydens die geleentheid by die grafte gelê.
© Ellanie Smit