23.5.2012
 Argiewe:

Vandag se Spotprent


Gene Travers

Market indicators


23 Mei 2012

30 Bruidspare gekies


Advertensie
Advertensie

Ons Argiewe

16.02.12

Graf nooit toegegooi

15.02.12

Ongeluk eis bekende in perdrykringe

13.02.12

KK oor vingers getik

14.02.12

Drie fetusse binne ’n week

16.02.12

Kuberkrakers steel miljoene

19.08.2010

Hef aan lê voor vir SADC-lande

MET SADC se Windhoek-spitsberaad agter die rug, waar feesvieringe van die ontwikkelingsgemeenskap se dertigste bestaansjaar en herinneringe aan die era van Suider-Afrika se vryheidsoorloë volgens prof. Bill Lindeke oogluikend veel belangriker as ander dwingende onderwerpe op die agenda was, lê hef aan vir Suider-Afrika se gemenebes van nasies voor om polities, ekonomies en maatskaplik in ’n hoër rat te kom.

In vergelyking met 1992 en 2006 se berade in die Namibiese hoofstad, was vanjaar se ontmoeting van streekleiers volgens prof. Lindeke “duidelik ’n fees.”

Hoewel SADC sterk op sy verskillende troikas steun om prakties uitvoering aan besluite te gee, en op oudstaatshoofde om wanneer die vonke regtig spat die vure dood te slaan, rus daar volgens hom nou ’n baie belangrike verantwoordelikheid op Namibië se skouers om uitdrukking aan Pres. Hifikepunye Pohamba se belofte van ’n nuwe era van daadwerklike aksie te gee.

Volgens prof. Lindeke is die Raad van Ministers met dr. Hage Geingob in die voorsitterstoel in uitstekende hande.

“Dr. Geingob is ’n uitstekende administrateur en sal sake met entoesiasme dryf,” reken die navorser verbonde aan die Instituut vir Openbare Beleidsnavorsing (IPPR).

Volgens prof. Lindeke is dr. Geingob goed geplaas om aan die handelskwessies aandag te gee wat in die volgende jaar voorop gaan staan.

Hy beskou die ses maande wat leiers as sperdatum gestel het vir ’n besluit oor Zimbabwe se weiering om die gesag van die SADCtribunaal te eerbiedig, egter suiwer as ’n “blaaskans” eerder as ’n vae skynseltjie van lig aan die einde van ’n tonnel. Solank sake in Zimbabwe relatief stil is, sal dit volgens prof. Lindeke werk om deur kompromieë tyd te koop.

As Zimbabwe volgende jaar terug stembus toe moet gaan, kan SADC in ’n kits opnuut in ’n baie moeiliker posisie beland, waarin daar nie meer ruimte vir die heersende traagheid sal wees om kant te kies nie.

Prof. Lindeke het benadruk dat Pres. Pohamba en Namibië se simboliese oper hand teenoor ontwikkelingsvennote in die Weste – hoewel eie behoeftes en belange ewe sterk voorop staan – vir seker die algemene posisie van SADC is.

“Pres. Mugabe het regtig net een lied om te sing,” het hy beklemtoon. “En hy sal dit sing,” het prof. Lindeke oor die weerligaflaaier gesê om met strydretoriek ou gevoelens van simpatie en ondersteuning op te roep.

“Dit sal nie weggaan nie,” is sy mening oor ’n oorlogsretoriek wat ’n gevestigde deel van SADCseremonies geword het. Teen 2011 in Angola sal daar volgens prof. Lindeke veel groter druk op SADC-leiers wees om eerder as fees te vier en die ou dae te onthou, werklike praktiese besluite te neem.