23.5.2012
 Argiewe:

Vandag se Spotprent


Gene Travers

Market indicators


23 Mei 2012

30 Bruidspare gekies


Advertensie
Advertensie

Ons Argiewe

16.02.12

Graf nooit toegegooi

15.02.12

Ongeluk eis bekende in perdrykringe

13.02.12

KK oor vingers getik

14.02.12

Drie fetusse binne ’n week

16.02.12

Kuberkrakers steel miljoene

26.10.2009

Hanteer onderwys só


Jurie Viljoen van Monitor Aksie Groep skryf:
 
Een van die sake wat die meeste in die Parlement bespreek word, is onderwys. Dis ’n populêre onderwerp waarvan die meeste mense net genoeg weet om iets daaroor te kan sê.

Deurgaans word gesê dat ons swak onderwysstelsel verantwoordelik is vir die duisende werkloses en kinders wat na graad 10 of 12 op die strate beland. Onder die onderwysstelsel verstaan ek die leerplan wat voorskryf wat geleer moet word.

Ek het die voorreg gehad om vir 14 jaar elke skool in hierdie land te besoek en sommer vir ’n paar dae daar te bly en ek het my deeglik vergewis van wat daar aan die gang is. Daar is staatskole waar dit nog goed gaan omdat daar beheer en kontrole is.

Dan is daar private skole waar dit baie goed gaan afgesien van watter onderwysstelsel hulle gebruik.

Ek wil graag ’n vergelyking tref tussen private skole en sommige staatskole:
Private skole:
 
Ek verwys na skole soos St. Boniface en Elcin Nkuruku op Rundu en Oshigambo op Ondangwa asook na ou gevestigde private skole en die wat na onafhanklikwording ontstaan het.

Die onderwysers moet “uithaal en wys” anders kan hulle gevra word om te gaan. As hulle nie by die skool kan wees nie, moet daar aflosse wees wat in baie gevalle deur die onderwysers self betaal moet word. ’n Onderwyser se gehalte word gemeet aan sy of haar uitslae.

Die skoolhoof is verantwoordelik vir alles: geboue, onderwysers, kinders en uitslae. Hy moet sien dat die onderwysers elke periode in die klas is en deeglik voorberei is.
Staatskole:
 
Daar is baie staatskole waar goeie beheer en kontrole uitgeoefen word. By die grootste aantal gaan dit egter beroerd. Of die uitslae goed is of sleg; niemand praat die onderwysers aan nie. Ek het soms die indruk gekry dat daar professionele begrafnisgangers is wat gereeld vir ’n paar dae weg gaan.

Dan sit die kinders. Kom jy skielik op ’n skool af, dan is al die kinders buite op die speelgrond. Doen jy navraag, dan is dit “break time”. Ek het by skole gekom waar die topbestuur Vrydae by beesveilings is. Nie die skoolhoof of sy onderwysers word vir die swak uitslae verantwoordelik gehou nie.
Is dit die stelsel?
 
Die staatskole en die meeste private skole volg dieselfde stelsel. Private skole behaal deurgaans sukses.
Is die onderwysers nie opgelei nie?
 
Namibië se onderwysers is na onafhanklikwording opgelei en heropgelei en die proses van opleiding gaan voort. Die onderwysstatistiek van 2007 wys dat daar minder as een onopgeleide onderwyser per skool is.
Is daar ’n tekort aan hulpmiddels?
 
Beslis nie, want die praktyk bewys dat niks ’n gemotiveerde onderwysers met ’n stukkie kryt en ’n swartbord vervang nie. Die skole met oorhoofse projektors of ander toerusting, vaar nie beter nie.
Wat van ETSIP?
 
Dit is ’n visioen; ’n towerwoord en ’n seepbelletjie wat nie die uitslae met ’n persentasie sal verbeter nie. Die geld is nou op, maar die probleem bly dieselfde. In die “ou dae” moes die skoolhoof 500 km of meer op sy eie koste ry en aan hoofkantoor kom verduidelik hoekom gebeur niks in sy skool nie.

Hedendaags is die politici bekommerd oor die uitslae, want hulle moet antwoorde verskaf, maar hulle loop draaie om die probleem. Die oplossing? Die Engelse het ’n mooi omvattende woord te wete “accountability”.

Pas dit toe in die onderwys en sien wat gebeur.