23.5.2012
 Argiewe:

Vandag se Spotprent


Gene Travers

Market indicators


23 Mei 2012

30 Bruidspare gekies


Advertensie
Advertensie

Ons Argiewe

16.02.12

Graf nooit toegegooi

15.02.12

Ongeluk eis bekende in perdrykringe

13.02.12

KK oor vingers getik

14.02.12

Drie fetusse binne ’n week

16.02.12

Kuberkrakers steel miljoene

9.03.2010

Hage oor eerste 20 jaar

© Republikein
Mnr. Hage Geingob
TWINTIG jaar se stabiliteit na onafhanklikwording ná ‘n lang stryd om waardigheid en eer te wen asook die reg om self die leiers van die land te verkies en die land te ontwikkel, is geen klein prestasie nie.

Tog gaan die volgende twintig jaar groot uitdagings bied, veral as die land Visie 2030 wil verwesenlik waarvolgens Namibië ‘n nywerheidsland wil wees, waar mense behoorlike huisvesting, voedselveiligheid, voldoende skole en hospitale het.

So het die Minister van Handel en Nywerheid, dr. Hage Geingob, gesê tydens een van die openbare lesings wat ter viering van Namibië se twintigste onafhanklikheidsjaar aangebied word. Hy het verlede week studente en belangstellendes op die kampus van die Universiteit van Namibië toegespreek.

Hy het verduidelik dat daar drie universaliteite wêreldwyd is wat vir staatsbestuur geld. Ten eerste is daar altyd ‘n plek waar mense vergader om wette en reëls te maak. Of dit nou onder ‘n boom is en of ‘n mens dit ‘n “ohale”, ‘n kongres of ‘n parlement noem, dit bly in wese dieselfde.

In die tweede instansie is daar ‘n plek waar mense of die oudstes byeenkom om geskille te besleg, soos howe of rade van oudstes. Derdens moet daar mense wees wat uitvoering gee aan besluite of wette van hoe om die land te regeer, ‘n “goab”, “oba” (onderskeidelik Damara en Nigeriese woorde vir koning), ‘n eerste minister of ‘n president. Namibië beskik vandag oor ‘n demokrasie gegrond op die hou van gereelde verkiesings.

Vir 20 jaar het Namibië sy leiers sodoende demokraties verkies. Daar is nie meer staatsgrepe of eenpartystate nie en stelsels en prosesse is ingestel om die demokrasie en instansies te versterk.

In Namibië bepaal die Verkiesingskommissie hoe verkiesings gehou word. Dr. Geingob sê in ‘n land soos die Ivoorkus weet mense nie wanneer hul verkiesings gehou gaan word nie, maar enige Namibiër kan met sekerheid sê wanneer die land weer na die stembus sal gaan. Die proses is deursigtig.

Hy het vertel dat die Verkiesingskommissie aanvanklik onder die Kantoor van die Eerste Minister geval het, maar ten einde onafhanklikheid aan die kommissie te verleen sodat dit erkenning sal geniet, is dit van die kantoor weggeneem. Opposisiepartye is betrek in ‘n poging om dit onafhanklik te vestig.

“Dit (die Verkiesingskommissie) is nie perfek nie, maar dit is daar. Dit het sy eie begroting en dit funksioneer. As hulle verklaar dat ‘n verkiesing vry en regverdig was, moet dit geloofwaardig wees,” het dr. Geingob gesê.

Stelsels is nodig omdat daar uitdagings van verkiesings kan wees, soos ná die onlangse verkiesings. Tog het niemand die afgelope tyd gepantserde voertuie in die strate gesien nie en dienslewering het voortgegaan.

Pres. Pohamba is steeds aan die stuur van sake in die land. Hy sê demokrasie gaan oor keuses en die reg om te kies. Demokratiese verkiesings word in Namibië gehou waar kiesers vir die party van hul keuse kan stem.

Partye stel hul beleid in hul grondwette waarin hulle beloof wat hulle vir die land sal doen. Hy wys daarop dat wanneer ‘n party ‘n tweederdemeerderheid in ‘n verkiesing behaal, dit ‘n baie groot verantwoordelikheid op sy skouers plaas om vrede te bewaar en denkrigtings wat in die manifes uiteengesit is, te inkorporeer en dit regeringsbeleid te maak.

Hy vertel dat met hul terugkeer uit ballingskap op die vooraand van onafhanklikwording, hulle elf verskillende regerings in Namibië aangetref het. Dit was irrasioneel. Daar moes gewerk word om die mense van die land te verenig. Sommige wou hê al die witmense in die staatsdiens moes onmiddellik afgedank word. Dit sou egter konflik veroorsaak het. Al die mense moes verenig in ‘n enkele staatsdiens.

Dit het meegebring dat besluit moes word om die staatsdiens te verklein. Protesoptogte deur voormalige PLANvegters het egter daartoe gelei dat in die belang van vrede, die Regering met nuwe planne vorendag moes kom om dié mense te akkommodeer en gevolglik is besluit om die nuwe ontwikkeling “die regte grootte” te noem.

Soos die staatsdiens ontwikkel het, is besluit om prestasie geörienteerde diensvoorwaardes in te stel omdat bevind is dat sommige staatsamptenare nie respek teenoor ander amptenare, ministers of selfs die President betoon nie en dienslewering agteruit gegaan het.

Dr. Geingob het ook op die verskil tussen doeltreffende en doelmatige dienslewering gewys. Wanneer die regte stappe gedoen word, maar die uitslag is nie gewaarborg en gunstig nie, is dit bloot doelmatig. Dienslewering is doeltreffend wanneer die doel bereik word.

Hy het die studente van UNAM daarop gewys dat vandag, 20 jaar na onafhanklikwording, alle landsburgers hande moet vat en in vrede die pad vorentoe loop.

“Ek weet vrede is vervelig, maar kom ons behou maar die verveeldheid. Dan kan ons uitdagings soos skole, werkgewing, onderwys, opleiding en vaardigheidsontwikkeling aanpak. Vir my is Namibië steeds die plek wat ek my tuiste wil noem,” het hy gesê.