23.5.2012
 Argiewe:

Vandag se Spotprent


Gene Travers

Market indicators


23 Mei 2012

30 Bruidspare gekies


Advertensie
Advertensie

Ons Argiewe

16.02.12

Graf nooit toegegooi

15.02.12

Ongeluk eis bekende in perdrykringe

13.02.12

KK oor vingers getik

14.02.12

Drie fetusse binne ’n week

16.02.12

Kuberkrakers steel miljoene

24.02.2010

Haal politiek uit huurarbeid

© Republikein
Adv. Vekuii Rukuro
DIE Regering moet nie oorhaastig reëls opstel vir die regulering van huurarbeid nie, sê die president van die Namibiese Werkgewersfederasie (NEF), adv. Vekuii Rukuro.

Enige sulke ingryping moet volgens adv. Rukoro in ’n land waarin meer as 50 persent van mense werkloos is, nie gebaseer wees op politieke of ideologiese oorwegings nie.

“Ons moet onsself nie toelaat om halsoorkop weg te spring met die opstel van enige regulasies om enige bedryf te reguleer nie, sonder gepaste en diep denke oor die implikasies nie,” voer adv. Rukuro aan.

“Enige reël of regulasie moet lewensvatbaar wees, dit moet ekonomiese sin maak, en dit moet redelik en die heel belangrikste, wetlik afdwingbaar en prakties toepasbaar in die sakewêreld wees.

“Niemand wil haastig opgestelde regulasies sien wat lei tot nywerheidsgeskille en miskien weer tot ongesonde regsuitdagings nie.”

Volgens mnr. Tim Parkhouse, sekretaris-generaal van die NEF, was die onderwerp van regulering sowat drie maande ná die Hooggeregshof die Parlement se breë verbod op alle vorme van arbeidverhuring as ongrondwetlik verwerp het, nog glad nie op die agenda van die Arbeidsadviesraad nie.

Anders as Swapo, sy vakbondfederasie, die NUNW, en Jeugliga verwelkom die NEF die Hooggeregshof se uitspraak. Volgens adv. Rukoro bevat die beslissing riglyne oor regulering wat alle rolspelers saam behoorlik sal moet deurtrap.

Die NEF is volgens hom oorgehaal om die Regering en vakbonde se hand in die gesprek te vat – “in ’n atmosfeer sonder ideologiese ondertone en mikpunte.”

In sy nuusvrystelling benadruk adv. Rukoro opnuut dat die NEF nog altyd in pas met die Internasionale Arbeidsorganisasie (ILO) se aanbeveling in 2006 ten gunste van die beheer en regulering van nuwe vorme van arbeidsverhoudinge was. “Die NEF het nooit, en sal ook nooit die uitbuiting van werkers se regte ondersteun nie, nie in enige vorm of in enige bedryf nie.”

Intussen sê die president van die Namibiese Unie vir Voedsel- en Verwante Werkers (Nafau), mnr. Abel Kazondunge, dat die Walvisbaai-tak van die vakbond se onlangse verwerping van die Kabinet se besluit dat regulering die beste pad vorentoe is, net ’n uitdrukking van lede se demokratiese reg is om hul gevoelens onder woorde te bring.

Betogers op Walvisbaai se aandrang op openbare verhore of ’n referendum oor huurarbeid, is volgens mnr. Kazondunge nie Nafau se amptelike standpunt nie.
As lidbond van die Nasionale Unie vir Namibiese Werkers (NUNW) ondersteun Nafau volgens hom egter wel sekretaris-generaal Evilastus Kaaronda se uitsprake dat ’n wetlike verbod al uitweg is.