23.5.2012
 Argiewe:

Vandag se Spotprent


Gene Travers

Market indicators


23 Mei 2012

30 Bruidspare gekies


Advertensie
Advertensie

Ons Argiewe

16.02.12

Graf nooit toegegooi

15.02.12

Ongeluk eis bekende in perdrykringe

13.02.12

KK oor vingers getik

14.02.12

Drie fetusse binne ’n week

16.02.12

Kuberkrakers steel miljoene

17.03.2010

Groot stry oor feesparty

© Theo Gurirab
Die room uit die Namibiese musiekwêreld het gisteraand in Katutura se Onafhanklikheidsarena opgetree as voorskou tot die naweek se 20ste onafhanklikheidsvieringe. ’n Reeks musiekoptredes vind elke dag plaas tot Saterdag. Hier is Axue & Friends, Vision Africa (Richard Meyer, Nadine en Rivan), Patricia & Heritage Band, Reo Rhythms, Olavi, Black Diamond, Lunenge, Uncle Warren, Chiwahlaw & Friends, Silver Stars en Ras Sheehama.

GOED genoeg vir die aanloop tot die algemene verkiesings, maar nie goed genoeg vir die viering van die 20ste jaar van ’n onafhanklike Namibië nie. Dan word net Windhoekse kunstenaars oorweeg.

So sê Peter Isaacs, ’n Swakopmundse akteur en sanger. Volgens hom is hy die waarnemende koördineerder van die kunstenaarsvakbond Oruuano in die Erongo-streek. Die voortrekkery van die Windhoekers gaan glo ook op die sakelys verskyn wanneer Oruuano van 10 tot 12 Desember op Swakopmund hul kongres gaan hou.

Volgens Isaacs weier van die kunstenaars buite Windhoek om in die aanloop tot die fees deel te neem. Isaacs beweer die Windhoekse kunstenaars se befondsing vir die onafhanklikheidsfees in Windhoek koers in die omgewing van N$400 000.

Sedert die stigting van Oruuano was een van die primêre doelstellinge die bevordering en beskerming van die regte en werk van alle kunstenaars in Namibië. Die kunstenaarsonmin is ook vanjaar op 27 Januarie in ’n brief deur Vincent Mwemba, sekretaris- generaal van Oruuano, in ’n brief aan al 13 die goewerneurs van streke in Namibië opgeneem.

Oruuano verteenwoordig alle vorme van kuns soos verhoogkunstenaars, skrywers en digters, dansgroepe, beeldende kuns, ontwerpers en tradisionele ontwerpers, media en tegnologie en storievertellers.

Volgens Mwenba se brief aan die goewerneurs was Oruuano betrokke by die komitee wat voorbereidings vir vermaak tydens die onafhanklikheidsfees getref het. Voorstelle en begrotings vir optredes van kunstenaars van al 13 die streke is aan die komitee voorgelê wat by Staatshuis met die voorbereidings besig was.

Op komiteevergaderings is die landelike streke versoek om hul begrotings te snoei, omdat afsonderlike begrotings in die streke vir die kunste bestaan. Volgens Mwemba was die plan vir streekkunstenaars om in die week voor die onafhanklikheidsvieringe op te tree sodat geesdrif vir die sentrale fees opgewek kon word. Daarvan het niks gekom nie.

Gevolglik word die goewerneurs versoek om streekverteenwoordigers van Oruuano ook in hul vermaaklikheidskomitees op te neem. Kunstenaars wat in die streke optree, kan dan uit so ’n begroting vergoed word.