23.5.2012
 Argiewe:

Vandag se Spotprent


Gene Travers

Market indicators


23 Mei 2012

30 Bruidspare gekies


Advertensie
Advertensie

Ons Argiewe

16.02.12

Graf nooit toegegooi

15.02.12

Ongeluk eis bekende in perdrykringe

13.02.12

KK oor vingers getik

14.02.12

Drie fetusse binne ’n week

16.02.12

Kuberkrakers steel miljoene

17.11.2009

Groot saamtrekke op Ondangwa

• Opponente vergader sonder slag of stoot

© Oshakati-kantoor
Swapo-ondersteuners het die onafhanklikheidstadion op Oshakati vol gepak.

SWAPO het Saterdag sy onbetwiste status as die dominante party in die voormalige Owamboland bewys met ‘n massiewe vergadering op Oshakati wat deur President Hifikepunye Pohamba toegespreek is.

Net so het die RDP dieselfde dag op Ondangwa bewys dat die party ‘n ernstige bedreiging vir Swapo inhou en dat dit in staat is om Swapo se tweederdemeerderheid in die Nasionale Vergadering onherstelbaar te vernietig.

Beide RDP en Swapo moes egter ondersteuners selfs van die mees verafgeleë nedersettings teen groot koste invoer om ’n respektabele skare bymekaar te kan maak. Sakemense het in private gesprekke bevestig dat hulle op ‘n vroeëre vergadering besluit het om minstens sestien swaar vragmotors en brandstof aan Swapo beskikbaar te stel om hierdie laaste “magsvertoon” voor die verkiesings ‘n sukses te maak.

Plaaslike waarnemers het die gedrag van die twee partye se ondersteuners geloof omdat die twee vergaderings nie net gelyktydig plaasgevind het nie, maar ondersteuners van beide partye ook dieselfde paaie na en van hul onderskeie vergaderings gebruik het en die vergaderings, anders as die vorige naweek op Omusati, sonder enige voorval verloop het.