SCORE CARD:


20 YEARS OF INDEPENDENCE

Vandag se koerant


Vandag se Spotprent


Gene Travers

Okahandja stem


Lesers 2010


Fotobeelde

Advertensie
Advertensie

Ons Argiewe

01.03.10

Drywer skiet homself ná vragongeluk in woestyn

03.03.10

Stem Namibies

02.03.10

Tiger Reef bly in branders se visier

28.02.10

Ruiterstandbeeld staan weer trots

01.03.10

Beesdief steel ’n tweede keer

3.07.2009

Griepuitslae sloer langer

NAMIBIË sal nog minstens vandag moet wag om uit te vind of die varkgriepvirus wat in Mexiko ontstaan het, oor die Atlantiese Oseaan deur ’n Russiese seeman na Namibiese bodem gebring is.

Die Rus was een van vier verdagte varkgriep-gevalle waarvan twee reeds twee dae gelede negatief getoets het. Die ander verdagte geval is die van ’n 13-jarige meisie van Tsumeb wie se uitslae ook tot vandag vertraag is.

Volgens die voorsitter van die nasionale gereedheidskomitee vir gesondheidsnoodtoestande, dr. Jack Vries, sal een spesifieke toets op die meisie by ’n plaaslike laboratorium gedoen word wat langer sal neem om die uitslag te bepaal.

Hy sê die kanse is uiters skraal dat sy die H1N1-virus onder lede het, omdat sy nie gereis het en dus in aanraking was met mense wat varkgriep het nie. Intussen het die Wêreldgesondheidsorganisasie (WHO) bevestig dat ’n geval in Denemarke voorgekom het waar die H1N1- virus weerstand teen die middel Tamiflu gebied het.

• Dr. Vries het gister aangekondig dat ’n inentingsveldtog teen breinvliesontsteking (meningokokkale meningitis) op 7 en 8 Julie in die Ohangwena-streek gaan plaasvind. Sowat 86 000 mense in slegs die Oshikango-omgewing van die streek sal ingeënt word.

Beweringe dat nog twee kinders Woensdag aan breinvliesontsteking op Oshikango oorlede is, is van alle waarheid ontbloot, het dr. Vries bevestig. “Die bevestigde syfer staan op drie sterfgevalle,” het hy gister gesê.