SCORE CARD:


20 YEARS OF INDEPENDENCE

Vandag se koerant


Vandag se Spotprent


Gene Travers

Okahandja stem


Lesers 2010


Fotobeelde

Advertensie
Advertensie

Ons Argiewe

01.03.10

Drywer skiet homself ná vragongeluk in woestyn

03.03.10

Stem Namibies

02.03.10

Tiger Reef bly in branders se visier

28.02.10

Ruiterstandbeeld staan weer trots

01.03.10

Beesdief steel ’n tweede keer

2.07.2009

Griepplan werk glad

• Eerste toetse is negatief
• Nog uitslae vandag verwag

DIE egpaar van Windhoek wat griepverwante simptome ontwikkel het terwyl hulle op besoek aan Kroasië en Duitsland was, het nie varkgriep nie.

Die uitslae van mediese toetse op twee ander verdagte gevalle word nog afgewag. Die Nasionale Instituut vir Oordraagbare Siektes (NIOS) in Suid-Afrika waarheen nasale deppers vir ontleding gestuur is, het gisteroggend die Namibiese Instituut vir Patologie (NIP) laat weet dat die egpaar van Windhoek negatief toets vir influensa A (H1N1).

Hulle het wel seisoenale griep tydens hul reis opgedoen. Dr. Jack Vries, voorsitter van die nasionale gereedheidskomitee vir gesondheidsnoodtoestande, sê die Russiese seeman wat op Walvisbaai behandel word, se uitslag sal waarskynlik vanoggend beskikbaar wees.

Oor die 13-jarige meisie van Tsumeb wat vroeër die week na die Tsumeb staatshospitaal geneem is met griepverwante simptome, sê dr. Vries dat die kans uiters skraal is dat sy die H1N1-virus het.

Sy het nie gereis nie en kon dus nie in aanraking gekom het met mense wat varkgriep het nie. Aangesien varkgriep ’n aanmeldbare siekte is wat deur die Wêreldgesondheidsorganisasie (WGO) tot ’n wêreldwye pandemie verklaar is met die waarskuwingsvlak van 6, moet dr.

Vries en sy komitee ingelig word oor alle moontlike, verdagte en bevestigde gevalle. Indien gevalle van varkgriep in Namibië bevestig word, moet die komitee die WGO dadelik in kennis stel.

Die Ministerie van Gesondheid en Maatskaplike Dienste moet volgens WGO-reëls vir alle pasiënte se toetse en behandeling betaal, selfs al beskik hulle oor mediese fondse. Om die rede het die Ministerie voorlopig 20 000 pakkies Tamiflu, asook gesigmaskers, beskermende kleredrag en deppers waarmee nasale monsters geneem kan word, aangekoop.

Volgens dr. Henriëtte Roux, ’n patoloog by NIP, moet dié instituut in kennis gestel word van alle nasale deppers wat geneem word by pasiënte wat die kliniese profiel pas deurdat hulle na lande gereis het waar varkgriep voorkom en ’n koors van 38 grade Celsius of hoër het. Die NIP stuur die deppers met ’n koerierdiens na die NIOS in Suid-Afrika, wat dit kosteloos toets.

Intussen het die hoofbestuurder van die Walvisbaai Medipark waar die Russiese seeman behandel word, me. Penny Dawson, gesê daar word ten nouste met die gesondheidsowerheid saamgewerk. Sy het bevestig dat die uitslag van sy H1N1-toets nog nie beskikbaar is nie. Daar word deur middel van ’n tolk met hom gekommunikeer.

Oor sy identiteit het sy gesê dit sal oneties wees om sy naam in die stadium van onsekerheid bekend te maak.

’n Verteenwoordiger van die agente wat die sake van die betrokke vissersboot op land doen, King & Sons, het bevestig dat die visser deur paramedici uit die Walvisbaaise hawe na die Welwitschia hospitaal afgevoer is. Ook King & Sons wag op die uitslae van die toetse.

Die betrokke seeman het op see in die Britse Kanaaleilande gewerk waar hy glo in aanraking was met iemand wat varkgriep het. Hy het daarna na die Walvisbaaise waters gekom en siek geword.

Die naam van die boot van die bemanningslid is ook nog nie in die vroeë stadium verstrek nie.

Intussen het ’n houer met inligtingspakkette oor die H1N1-virus ook op Swakopmund aangekom. Dit sal waarskynlik vandag nog by die hawehek van Walvisbaai vir verspreiding onder Russiese vissers wat aan wal stap, beskikbaar gestel word.

Die inligtingstukke is in Russies en word deur Democratic Media Holdings in samewerking met sy gesondheidsvennote en die staat versprei. Soortgelyke inligtingstukke in ander wêreldstale van vissers in die baai sal binnekort beskikbaar wees.

Nog ’n verspreidingspunt sal die Rooikop lughawe buite Walvisbaai wees. Die vissersgemeenskap staan egter bra skepties oor die teistering van hul kollega op see.

Daar word beweer dat hy ’n man is wat gereeld oor skete gekla het en dat dit bloot nog ’n geval van ipekonders kan wees.