23.5.2012
 Argiewe:

Vandag se Spotprent


Gene Travers

Market indicators


23 Mei 2012

30 Bruidspare gekies


Advertensie
Advertensie

Ons Argiewe

16.02.12

Graf nooit toegegooi

15.02.12

Ongeluk eis bekende in perdrykringe

13.02.12

KK oor vingers getik

14.02.12

Drie fetusse binne ’n week

16.02.12

Kuberkrakers steel miljoene

22.10.2007

Grensposte luisterryk geopen


“Ponty” soos die plaaslike bevolking hom gedoop het, het in die vloed van 1988 weggespoel. Hy is vier jaar gelede uitgesleep en is kosteloos deur Skorpion Zinc herstel.

DIE opening van die Mata-Mata grenspos in die suidooste van die land én die van Sendelingsdrif in die suidweste is op ‘n luisterryke wyse gevier met honderde gaste uit die kontrei wat kom gesig wys het. Voorsiening moes gemaak word om 600 driegangmaaltye in die middel van die Kalahari op te dis én die aantal mense van sitplekke te voorsien. Dié funksie se koste het byna N$2 miljoen beloop. Onder die gaste was ook minstens 60 lede van die media van Namibië, Botswana en Suid-Afrika. By Sendelingsdrif was die atmosfeer meer gespanne met net ’n handvol Ministers en aansienlik minder mediaverteenwoordiging.

’n Glasie vonkelwyn van die Oranje-rivier wynkelders is op die pont by Sendelingsdrif geskink. Me. Rejoice Mudhafasi, Suid-Afrikaanse minister van omgewingsake en toerisme, en mnr. Pieter Saaiman, lid van die uitvoerende raad verantwoordelik vir toerisme, omgewing en bewaring en ekonomiese sake vir die Noord-Kaap, bewonder die wonderlike smaak terwyl hulle op die einste waters is wat die druiwe laat groei het.


Daardie eerste amptelike tree. Van links: eerw. Willem Konjore en me. Rejoice Mabudhafasi, ministers van omgewingsake en toerisme van onderskeidelik Namibië en Suid-Afrika, en me. Nosivive Mapisa-Nqakula, minister van binnelandse sake (Suid-Afrika) tree aan op Suid- Afrikaanse grondgebied ná hulle met die pont oor die Oranje-rivier vanaf Namibië gery het.


Een van die verligte staatsamptenare by die opening van Mata-Mata was mnr. Ulrich Boois, adjunkdirekteur van parke en wildlewe in die Ministerie van die Omgewing en Toerisme. By hom staan dames en ‘n heer wat al die pad van Keetmanshoop af gekom het om die gaste op die egte Namastap te trakteer. Hulle is van links mee. Sofia Jahs, Jessica April, Magdalena Rooy, Katriena Tiboth en mnr. Frederik Goliath.