Groot was die skok en afgryse van me. Rholien Bok en haar man toe hulle gisteraand die graf van hul seun in die Pionierspark begraafplaas besoek het en op dié oop graf met ’n ontblote kis afgekom het.
“My man het die kransie met ’n klip bo-op op ’n hoop grond opgemerk en nader gestaan om te kyk.
Groot was sy ontsteltenis toe hy in die graf kyk en die kis met kisruiker en al daarin sien,” het sy aan Republikein gesê.