Altesaam 85 kinders met gesplete verhemeltes en ander gesigsgebreke is verlede week deur Operation Smile South Africa in samewerking met die Namibiese Ministerie van Gesondheid en Maatskaplike Dienste geïdentifiseer en hulle sal in April vanjaar korrektiewe operasies ondergaan.
Baba Immanuel (drie weke oud) woon in die noorde van die land en sal oor ’n paar maande ’n splinternuwe glimlag hê.