23.5.2012
 Argiewe:

Vandag se Spotprent


Gene Travers

Market indicators


23 Mei 2012

30 Bruidspare gekies


Advertensie
Advertensie

Ons Argiewe

16.02.12

Graf nooit toegegooi

15.02.12

Ongeluk eis bekende in perdrykringe

13.02.12

KK oor vingers getik

14.02.12

Drie fetusse binne ’n week

16.02.12

Kuberkrakers steel miljoene

22.12.2011

Skadelike middel moet van rak af


Foto ter illustrasie

MEER as ’n maand nadat die Namibiese Mediese Regulerende Raad (NMRC) gesê het hulle gaan die pynstiller Synap Forte verban, is dit steeds beskikbaar by sekere apteke in die hoofstad.

Die hoofbestanddeel van die pynstiller is DPP (dextropropoxyphene), wat dosis-verwante kardiese abnormaliteite veroorsaak, wat kan lei tot gevaarlike onreëlmatighede in hartritme, insluitend hartstilstand of dood.

NAMPA-verslaggewers het ondersoek ingestel en bevind dat die pynstillers steeds by sekere apteke beskikbaar is en toe hulle daaroor navraag doen, het mnr. Johannes Gaeseb van NMRC gesê dit is ’n tydsame en ingewikkelde proses om die pynstiller te verwyder.

“Ons moet ’n Regeringskennisgewing uitreik wat bepaal dat die pynstiller verban is en van die mark verwyder moet word. Die proses wat gevolg moet word, is om dit in die staatskoerant te laat afkondig,” sê hy.

Hy sê die proses behoort vroeg volgende jaar afgehandel te wees.

Die Suid-Afrikaanse Mediese Beheerraad, Register van Medisynes en Suid-Afrika se Ministerie van Gesondheid het in November ’n aansoek ingedien by die Noord-Gautengse Hoërhof om te versoek dat die pynstiller nie meer verkoop word nie.

Dit is reeds in 2009 in die Verenigde Koninkryk verban en in 2010 in Amerika omdat dit tot hartaanvalle gelei het. Dit is egter steeds in Namibië en Suid-Afrika voorgeskryf, ten spyte daarvan dat dit in April vanjaar verban is.

Die vervaardiger, Adcock Ingram, het na die uitspraak aangekondig dat hulle die verkope daarvan vrywillig gestaak het en gevra dat hulle appèlaansoek bespoedig word. Synap Forte is ’n gewilde voorskrifmiddel en meer as 50 miljoen tablette is die afgelope tien jaar in Suid-Afrika verkoop.

– Nampa