23.5.2012
 Argiewe:

Vandag se Spotprent


Gene Travers

Market indicators


23 Mei 2012

30 Bruidspare gekies


Advertensie
Advertensie

Ons Argiewe

16.02.12

Graf nooit toegegooi

15.02.12

Ongeluk eis bekende in perdrykringe

13.02.12

KK oor vingers getik

14.02.12

Drie fetusse binne ’n week

16.02.12

Kuberkrakers steel miljoene

3.03.2010

Piechazek-oorplanting ’n sukses

© Republikein
Eduard (links) en Gustav.
DIE nieroorplantingsoperasies van Windhoek se twee Piechazek-broers gister in Kaapstad was ’n sukses. Gister was ’n lang dag vir die twee.

Ná ure se wag terwyl dokters op haar twee seuns geopereer het om die een se nier in die ander oor te plant, het Hanely Piechazek uiteindelik gistermiddag die goeie nuus gekry: met beide gaan dit goed. Eduard (21) het een van sy niere vir sy siek ouboet, Gustav (24), geskenk.

Gustav, die Windhoekse “nierbaba” wat in 1987 geskiedenis gemaak het toe hy die jongste nieroorplantingspasiënt in Afrika geword het, se lewe is danksy sy broer vir ’n tweede keer gered.

Hanely het gister uit die Christiaan Barnard Gedenkhospitaal in Kaapstad laat weet dat dit goed gaan met haar seuns.

“Die dokters sê Eddie se nier is mooi gesond en dit behoort goed te werk in Gustav. Nou lê die lang wag voor na 13 Maart wanneer ons sal weet of sy liggaam nie dalk die nuwe nier verwerp nie.”

Eduard sterk tans in ’n gewone saal aan, terwyl Gustav in die intensiewesorgeenheid herstel.

“Eddie sal moontlik reeds Vrydag ontslaan word. Gustav sal waarskynlik nog in die hospitaal moet bly tot die 21ste.”

Gustav het as baba nierversaking opgedoen en in April 1987, ná ’n gewag van byna nege maande vir ’n geskikte nier, het hy ’n oorplantingsoperasie ondergaan.

Die skenker was ’n jong polisieman, konst. Danie Boshoff, wat op Ventersdorp deur vermeende ANC-vegters geskiet is. Sy familie het nadat hy in die Johannesburgse Algemene Hospitaal breindood verklaar is, sy organe vir skenking beskikbaar gestel.

Gustav se liggaam het toe hy 17 jaar oud was, die skenkersnier verwerp en hy moes sedertdien drie keer per week vir drie tot vier ure op ’n slag nierdialise kry om te oorleef.

Die Daniela Medical Trust het intussen met ’n geldinsameling vir die Piechazeks se mediese koste begin. Hoewel hulle oor ’n mediese fonds beskik, beloop hul bybetaling meer as N$100 000.

Mense wat geld wil skenk, kan ’n inbetaling doen in die volgende rekening: Daniela Medical Trust, Nedbank Namibië, takkode 461609, rekeningnommer 11010022195, met die verwysing “MIRACLE”.

Die trust (Nr. T382/07) is by die Hoërhof in Namibië geregistreer.