23.5.2012
 Argiewe:

Vandag se Spotprent


Gene Travers

Market indicators


23 Mei 2012

30 Bruidspare gekies


Advertensie
Advertensie

Ons Argiewe

16.02.12

Graf nooit toegegooi

15.02.12

Ongeluk eis bekende in perdrykringe

13.02.12

KK oor vingers getik

14.02.12

Drie fetusse binne ’n week

16.02.12

Kuberkrakers steel miljoene

10.01.2012

Opname oor menslike gesondheid begin


MONSTERS van groente en vrugte wat in ’n tien kilometer radius van Namibia Custom Smelters (NCS) op Tsumeb verbou word, is vir ontleding na die buiteland gestuur om te bepaal of die vrystelling van giftige arseengasse enige negatiewe invloed daarop het.

Volgens dr. Jewette Masinja, wat aan die hoof van ’n ondersoek van die Verenigde Nasies se Ontwikkelingsprogram (UNDP) staan, is sommige van die monsters, insluitend die van plaaslike vrugte- en groenteprodukte, reeds vir ontleding na die buiteland gestuur, omdat die gebied veral bekend is vir sy landbouproduksie.

Dr. Masinja en sy span gaan vandeesweek ook opnames by NCS-personeellede en 200 geïdentifiseerde huishoudings doen om die impak van die smelter op hul gesondheid te bepaal. Mediese ondersoeke sal deur ’n groep gekwalifiseerde dokters, verpleegsters en ’n beroepshigiënis uitgevoer word.

“Persoonlike onderhoude gaan met die NCS-personeel gevoer word om te bepaal of hulle werkomgewing positief en aanvaarbaar is. ’n Gemeenskapsopname sal ook op beide Tsumeb en Grootfontein gedoen word om vergelykende studies oor die algemene gesondheidstatus van die twee dorpe se inwoners te doen.”

Volgens dr. Masinja gaan sy ondersoekspan fokus op die insameling van tasbare bewyse en biologiese monsters van hare en urine. Hy het daarom ’n beroep op alle aandeelhouers gedoen om hul volle samewerking te gee en sy span van die korrekte inligting te voorsien.

“Die uitkoms van die ondersoek is nie net tot voordeel van Tsumeb en sy inwoners nie, maar ook tot die hele land en sy mense.”

Die studie oor die smelter se impak op die omgewing en menslike gesondheid sal na verwagting einde vandeesmaand voltooi word waarna ’n verslag met die bevindinge en voorstelle aan die Minister van die Omgewing en Toerisme, me. Netumbo Nandi- Ndaitwah, oorhandig sal word.

Die ondersoekspan, bestaande uit onder meer mediese dokters, verpleegsters en metallurge, is deur me. Nandi-Ndaitwah met die ondersteuning van die Ministerie van Gesondheid en Maatskaplike Dienste asook die UNDP, opdrag gegee om ondersoek in te stel na die beweerde negatiewe invloed van giftige arseengasse wat van die smelter afkomstig is.

Inwoners van die Nomtsouben Ondundu-woonbuurte en die dorpskern is tydens openbare inligtingsvergaderings oor die ondersoek ingelig en die geleentheid gegee om hul mening en ondervindings oor die impak van die smelter op hul algemene welstand te gee.

Dr. Masinja het intussen die Namibiese regering geloof vir sy pro-aktiewe benadering tot die versoek vir ’n intensiewe ondersoek na die werksaamhede van die smelter en die impak daarvan op die omgewing, die werkers en die gemeenskap.