Vandag se Spotprent


Gene Travers

Market indicators


8 Februarie 2012

Advertensie
Advertensie

Ons Argiewe

06.12.11

Polisieman, boer vertel van ongeluk

05.12.11

Vakansiepad open sy tol

05.12.11

Geen borg vir Susanne Hoff

09.12.11

Vir braaivleisvuur, is permit die kuur

07.12.11

Omkopery op lughawe

12.03.2010

Masels in Noorde kos staat miljoene

DIE inentingsveldtogte teen masels wat pas in vier streke in die noorde van Namibië voltooi is, kan die land na verwagting tussen N$4 miljoen en N$5 miljoen kos.

Die Kantoor van die Eerste Minister het reeds op versoek van die Minister van Gesondheid en Maatskaplike Dienste, dr. Richard Kamwi, N$1 miljoen daarvoor bewillig. Die res van die geld sal ook uit die noodbestuursfonds in dié kantoor kom.

Intussen blyk die syfers wat deur die direkteure van gesondheid in die vier streke aan die Ministerie se hoofkantoor voorgelê is, dat die veldtogte ’n groot sukses was. In die Kunene se Opuwo-gesondheidsdistrik is 110,7 persent van die inwoners ingeënt. Omdat 29 afgeleë nedersettings nie tydens die veldtog per pad bereik kon word nie, kan die syfer baie hoër wees.

Volgens dr. Jack Vries, voorsitter van die nasionale gereedheidskomitee vir gesondheidsnoodstande, gaan die Namibiese polisie sy helikopter vanaf 31 Maart tot 2 April aan die Ministerie van Gesondheid beskikbaar stel om die veldtog in die Opuwo-gebied te voltooi.

Die koste van die veldtog in dié gebied beloop reeds meer as N$1,3 miljoen en talle rekenings is nog uitstaande, sê hy. In die Rundu-gebied in die Kavango is 90 persent van alle kinders jonger as vyf jaar teen masels ingeënt en by Onanjokwe in die Oshiktoto-streek, 88 persent.

Gesondheidswerkers by Outapi in die Omusati-streek het die beste gevaar, met 111,2 persent van die gebied se kinders (jonger as vyf jaar) wat geïmmuniseer is. In die Opuwo-gebied, wat ook bekend staan as Kaokoland, het die veldtog ook volwassenes ingesluit omdat heelwat ouer mense ook met masels gediagnoseer is.

Namibië was een van baie lande in Suider-Afrika wat sedert verlede jaar ’n stryd teen masels gevoer het.

Volgens dr. Vries sal in die Ministerie se begroting vir 2010/2011 voorsiening gemaak word vir gesondheidsnoodtoestande soos die masels-uitbreking asook die pandemiese A/H1N1 (varkgriep) wat die land verlede jaar geteister het.