23.5.2012
 Argiewe:

Vandag se Spotprent


Gene Travers

Market indicators


23 Mei 2012

30 Bruidspare gekies


Advertensie
Advertensie

Ons Argiewe

16.02.12

Graf nooit toegegooi

15.02.12

Ongeluk eis bekende in perdrykringe

13.02.12

KK oor vingers getik

14.02.12

Drie fetusse binne ’n week

16.02.12

Kuberkrakers steel miljoene

6.09.2010

Groot skenking vir MIV/vigs-veldtog

© Ruhan Bothma
Mnr. Tom Alweendo, direkteur-generaal van die Nasionale Beplanningskommissie, en die Amerikaanse ambassadeur in Namibië, me. Dennise Mathieu, het ’n verdere vyfjaar ooreenkoms tussen Namibië en die VSA met betrekking tot ’n MIV/vigs vennootskapsraamwerk tussen die twee lande onderteken.

‘n OOREENKOMS vir die verdere ondersteuning van die ontwikkeling en implementering van die nasionale reaksie teen MIV/vigs in Namibië vir die volgende vyf jaar is tussen die Amerikaanse en Namibiese regerings onderteken.

Na beraming beloop die finansiering wat die Amerikaanse regering deur die President se Noodplan vir die Verligting van Vigs (Pepfar) vir die doel beskikbaar gestel het, vanjaar US$102,6 miljoen. Namibië het reeds vir die tydperk tussen 2004 en 2009 N$3,1 miljard vir die doel ontvang.

Die Pepfar-geld is deur vennootskappe met die Namibiese Regering en implementeringsorganisasies belê om diegene wat met MIV/vigs leef, te behandel, nuwe infekterings te voorkom en om geïnfekteerde individue te versorg.

Mnr. Tom Alweendo, direkteur-generaal van die Nasionale Beplanningskommissie, het tydens die ondertekeningsgeleentheid gesê die Namibiese regering het groot waardering vir die uitgebreide steun van skenkers soos die VSA op die gebied van MIV/vigs.

“Dit is belangrik dat ons hierdie hulpbronne aanwend volgens nasionale Mnr. Tom Alweendo, direkteur-generaal van die Nasionale Beplanningskommissie, en die Amerikaanse ambassadeur in Namibië, me. Dennise Mathieu, het ’n verdere vyfjaar ooreenkoms tussen Namibië en die VSA met betrekking tot ’n MIV/vigs vennootskapsraamwerk tussen die twee lande onderteken.prioriteit en dat die ondersteuning volhoubaar is,” het hy gesê.

Mnr. Alweendo is van mening dat die volhoubaarheid van ondersteuning slegs gehaal kan word as Namibië beplan en begroot vir hulpbronne wat in die komende jare noodsaaklik is.

“Ek glo dat ’n vennootskapsraamwerk ’n belangrike instrument en struktuur is vir strategiese beplanning tussen die regerings van die VSA, Namibië en rolspelers om die strategiese rigting, aanvullende inisiatiewe en volhoubare programme te verseker,” het mnr. Alweendo gesê.

Hy het sy hoop uitgespreek dat die Pepfar-program stadig deur die Regering se planne geabsorbeer sal word.

Mnr. Alweendo het sy dank teenoor Amerika se ambassadeur in Namibië, me. Dennise Mathieu, uitgespreek vir die ondersteuning wat deur die Amerikaanse regering aan Namibië verleen word in die stryd teen die MIV/vigspandemie in Namibië.

Tydens haar rede het amb. Mathieu gesê die VSA bly verbind tot die ondersteuning van Namibië in die stryd teen MIV/vigs.

“Met die Pepfar-befondsing het Namibië groot vooruitgang gemaak in die voorkoming van MIV, sorg en behandelingsdienste,” het die ambassadeur gesê.

Sy is van mening dat die ooreenkoms Namibië se nasionale optrede teenoor MIV/vigs verder sal versterk deur die lewering van kritieke MIV-verwante dienste.