Advertensie
Advertensie

Vandag se koerant


Vandag se Spotprent


Gene Travers

Lesers 2010


Kyk saam!

Moorddossier


Advertensie
Advertensie
Advertensie

Ons Argiewe

25.08.10

Skaduwêreld ontbloot

23.08.10

Ongeluk eis bekende

23.08.10

Nujoma: Vat die grond

24.08.10

Tragedie in sjebeen

15.09.2008

Gesinsbeplanning: hulp is beskikbaar


Dr. Richard Kamwi, Minister van Gesondheid en Maatskaplike Dienste, tydens sy toespraak by die gesinsbeplanning- en veilige aborsie bewustheidsdag wat Nappa in samewerking met die Politegnikum gereël het.
DIE Namibiese organisasie vir beplande ouerskap (Nappa) het onlangs in samewerking met die Politegnikum van Namibië ’n gesinsbeplanning- en onveilige aborsie bewustheidsdag gehou. Die doel was om die publiek se kennis en bewustheid oor verskeie sake te verbreed.

Dit sluit in die beskikbaarheid van gratis gesinsbeplanning by die Regering se gesondheidsfasiliteite; die komplikasies met die weggooi van babas, onveilige aborsie en ander aborsieverwante sake teenoor die gebruik van gesinsbeplanning deur mans en vroue, en ’n besprekingsforum met beleidmakers en ander invloedryke partye.

Nappa is ’n welsynsorganisasie wat by die Ministerie van Gesondheid en Maatskaplike Dienste geregistreer is. Die organisasie is niewinsgewend en werk om die staat se pogings in die hantering van aanwasgesondheid en regte aan te vul, lui Nappa se verklaring. Die organisasie se primêre teikengroep is jongmense tussen die ouderdomme van tien en 24.

Die sleutelspreker by die geleentheid was dr. Richard Kamwi, Minister van Gesondheid en Maatskaplike Dienste. Die vier gesinsbeplanningsmetodes wat Nappa volgens sy aanbieding voorstaan, is inspuitings (Wur-Esterate en Petogen), pille (Ovral 28, Triphasil, Nordette en Micro Novum), kondome en sterilisering.

Volgens Nappa sal gesinsbeplanning armoede in die land verminder asook die sterftesyfer in moeders en babas. Dit sal ook vroeë sterftes en onbeplande babas beperk. Beplande ouerskap bring ook laer syfers van aborsie, oorbevolking en wees- en kwesbare kinders voort.

Dr. Kamwi het gesê aanwasgesondheidsdienste se fokus was nog altyd meer op veilige moederskap en gesinsbeplanning, en gevolglik is die stand van sake by jongmense afgeskeep. “Dié oorsig het moontlik bygedra tot die swak benutting van gesondheidsfasiliteite deur jongmense en die toenemende aanwasgesondheidsprobleme onder jongmense soos onbeplande swangerskap of seksueel oordraagbare siektes soos MIV,” sê dr. Kamwi.

Die Minister het beklemtoon dat aanwasgesondheid vroue én mans insluit, en het ’n beroep op mans gedoen om die boodskap ter harte te neem. “Raak betrokke en maak gebruik van beskikbare dienste om vroeë en onbeplande swangerskap te verhoed,” het hy gesê. Hy het dit ook duidelik gemaak dat inligting, voorbehoedmiddels in die vorm van kondome, tablette of inspuitings gratis gebied word.

“Maak dus gebruik daarvan.” Hy het ook verwys na die “adolescent friendly health services” program wat die Ministerie in 2002 in ses distrikte begin het. “Die distrikte het nou uitgebrei tot 12,” het hy gesê. Dié program bied dienste in ’n vriendelike en bevorderlike omgewing aan jongmense met die doel om hul totale welstand te verbeter, volgens Minister Kamwi.

Die dienste is onder meer berading, voorkoming en behandeling van seksueel oordraagbare asook verwante infekterings, advies oor gesinsbeplanning en uitgee van gratis voorbehoedmiddels, asook die voorsiening van relevante gesondheidsinligting.

“Ek is bly dat Nappa sy werk na die Politegnikum-studente versprei het en ek hoop dat dit studente sal bemagtig om hulself te bevry van seksuele geweld, te beskerm teen onveilige seks, en om toegang tot inligting en dienste oor MIV-infektering én onbeplande swangerskap te hê. “Om gesond te bly en nie te vroeg met ’n gesin te begin nie, is ’n sleutel vir jeugdige meisies en seuns om armoede te vermy,” het Minister Kamwi gesê.

Francios Olivier