SCORE CARD:


20 YEARS OF INDEPENDENCE

Vandag se koerant


Vandag se Spotprent


Gene Travers

Okahandja stem


Lesers 2010


Fotobeelde

Advertensie
Advertensie

Ons Argiewe

01.03.10

Drywer skiet homself ná vragongeluk in woestyn

03.03.10

Stem Namibies

02.03.10

Tiger Reef bly in branders se visier

28.02.10

Ruiterstandbeeld staan weer trots

01.03.10

Beesdief steel ’n tweede keer

3.07.2009

Generaal gee dwelmles


Lt.genl. Sebastian Ndeitunga
DIE Inspekteur-generaal van die Namibiese polisie het gister ingeklim onder dronk dienders en soldate met ’n streng waarskuwing dat daar geen plek vir diesulkes in uniform is nie.

Luitenant-generaal Sebastian Ndeitunga het gesê dit is opvallend dat dronkenskap hoogty vier wanneer hy oor naweke sy onderdane probeer kontak.

“Hul tonge sleep en ek kan sommer dadelik aanvoel dat hierdie polisieman of -vrou tiermelk in het.”

Die nasionale polisiehoof het die waarskuwing gerig toe hy ’n slypskool oor drank- en dwelmmisbruik onder die lede in Windhoek geopen het. As ’n baie dringende versoek tot alle senior polisielede en verteenwoordigers van die weermag, het hy gevra dat hulle in hul onderskeie streke beheer oor sjebeens moet verkry.

Hy het uitgevaar teen buitensporige alkohol- en dwelmmisbruik onder polisielede, dronk en onverantwoordelike gedrag, asook ’n waarskuwing teenoor sjebeens wat by elke tweede huis of ’n straathoek soos paddastoele verrys – en soos hy dit gestel het, die Namibiese gemeenskap met alkohol en dwelms besmet.

“Ons as die polisie tel onder die leiersgroep van ons land wat deur voorbeeld moet lei.

“’n Dronk man of vrou gaan al sy geld uitmors op drank sonder om aan sy kinders se kos of melk te dink. Wanneer hy oormatig gedrink het, kan hy aggressief raak terwyl dit ons plig is om nie buitensporige mag te gebruik of op te tree gedurende inhegtenisnemings nie.

“Ek het onlangs byna van my instrukteurs verloor wie se lewe in gevaar gestel was deur ’n besope bestuurder van ’n bus waarin hulle gereis het.

“Boonop was dit onder die polisie se aandag dat die drywer gedrink het, maar hulle het saamgedrink en hom steeds toegelaat om te bestuur.

“Dus rig ek ’n versoek tot al die lede om volledig deel te wees van die beheer oor drank- en dwelmmisbruik en om by te dra tot ’n oplossing vir die probleem tot voordeel van die mag.

“My kantoor sal daarvan hou dat julle as die senior amptenare ’n voorbeeld stel,” het genl. Ndeitunga afgesluit.

In die slypskool is spesifiek klem gelê op alkohol en dwelms se verslawende effek, die tekens en simptome, stappe tot rehabilitering en die verdedigingsmeganisme, asook die betekenis van verantwoordelike drinkgewoontes.