Vandag se Spotprent


Gene Travers

Market indicators


8 Februarie 2012

Advertensie
Advertensie

Ons Argiewe

06.12.11

Polisieman, boer vertel van ongeluk

05.12.11

Vakansiepad open sy tol

05.12.11

Geen borg vir Susanne Hoff

09.12.11

Vir braaivleisvuur, is permit die kuur

07.12.11

Omkopery op lughawe

3.02.2010

G4S bied N$20 000 beloning

’n BELONING van N$20 000 word aangebied vir enigiemand wat inligting verskaf wat tot die inhegtenisneming van ’n verdagte(s) kan lei wat ’n sak met geld by First Nasional Bank se Ausspannplatz-tak in Windhoek gesteel het.

Die geldsak het reeds op 16 Desember verlede jaar by die tak verdwyn. G4 Security Services bied hierdie groot beloning aan. Volgens ’n woordvoerder van die sekuriteitsmaatskappy mag hy nie die bedrag wat verlore geraak het, bekend maak nie.

Die ernstige misdaadondersoekeenheid van die polisie doen ’n beroep op die publiek om van hulp te wees. “Niemand is dusver in hegtenis geneem nie en die polisie bevestig dat ’n persoon wat inligting verskaf wat tot die inhegtenisneming en aanklag van verdagtes lei, se identiteit beskerm sal word,” lui ’n verklaring van die polisie.

Enigiemand met inligting kan adjudant-speursersant Amakali by 081 2658 404 of sers. Afonso by 081 2500 945 kontak.