23.5.2012
 Argiewe:

Vandag se Spotprent


Gene Travers

Market indicators


23 Mei 2012

30 Bruidspare gekies


Advertensie
Advertensie

Ons Argiewe

16.02.12

Graf nooit toegegooi

15.02.12

Ongeluk eis bekende in perdrykringe

13.02.12

KK oor vingers getik

14.02.12

Drie fetusse binne ’n week

16.02.12

Kuberkrakers steel miljoene

8.02.2012

FNB belê in Olimpiese atlete

© Francois Poolman
Dan Craven (fietsry), die marathonatlete Helalia Johannes en Beata Naigambo en Gaby Ahrens (kleiduifskiet), wat die land by die Olimpiese Spele in Londen verteenwoordig.

“NAMIBIESE atlete is in ’n veel swakker posisie wanneer dit by finansiële steun kom. Hoe verwag die publiek dat atlete op Olimpiese vlak moet presteer sonder dat die nasie hulle die nodige ondersteuning gee?”

So het mnr. Dixon Norval, hoof van strategiese bemarking en kommunikasie by First National Bank Namibia, gesê toe hy bekend gemaak het dat die bank N$400 000 aan vier van die land se Olimpiese kwalifiseerders beskikbaar gestel het.

Die Namibiese Nasionale Olimpiese Komitee (NNOK) het FNB genader om by die voorbereiding van atlete vir vanjaar se Olimpiese Spele in Londen (27 Julie tot 12 Augustus) betrokke te raak.

Die NNOK moes die kwalifiseerders wat die meeste potensiaal toon om medaljes te wen, vir die finansiële steun identifiseer. FNB het ingestem om N$100 000 elk aan Gaby Ahrens (kleiduifskiet), Dan Craven (fietsry) en marathonatlete Beata Naigambo en Helalia Johannes beskikbaar te stel.

Me. Joan Smit, adjunksekretaris-generaal van die NNOK, het uitgewys dat die onderhandelinge met FNB twee jaar gelede begin het en ’n ooreenkoms is eers einde verlede jaar bereik.

Atlete wat Olimpiese kwalifikasies behaal het, moes hul aansoeke vir finansiële steun by die NNOK indien.

Die atlete is Maandag vir die eerste keer van dié hupstoot in kennis gestel. Beide Ahrens en Craven het aan Republikein gesê FNB se ondersteuning verlig ’n groot deel van hul begroting vir voorbereiding en dat dit vir hulle as ’n groot verrassing kom.

Die geld word nie aan die atlete oorhandig nie, maar word deur die NNOK geadministreer. Atlete kan hul betalingstrokies vir uitgawes as deel van hul Olimpiese voorbereiding aan die NNOK stuur, wat hulle dan vergoed. “Sulke uitgawes kan onder meer die bywoning van hoëprestasiesentrums buite die landsgrense, dieetaanvullings of toerusting insluit,” het Norval gesê.

Ahrens sê kleiduifskiet is ’n betreklik duur sport en dat haar begroting ter voorbereiding op haar tweede Olimpiese Spele sowat N$220 000 beloop. “Vir Beijing 2008 het die NNOK eers ’n paar weke voor die Spele geld beskikbaar gemaak toe dit nie meer veel kon help nie, maar nou het die NNOK se organisasie beslis verbeter.”

Ahrens sal vanaf 18 tot 28 April aan die Olimpiese toetsbyeenkoms in Londen deelneem. Die kompetisie sal by die Royal Artillery Barracks gehou word wat as die Olimpiese baan sal dien. “Dit gee kwalifiseerders soos ek die kans om by die werklike Olimpiese skietbaan te oefen,” het sy gesê

Craven sê hy het geweet dat die NNOK geld vir voorbereiding beskikbaar sou stel, maar het dit nie so vroeg verwag nie. Hy het tydens die Statebondspele in Oktober 2010 vir Londen gekwalifiseer. “Vanuit my eie sak en met hierdie bydrae van FNB word driekwart van my begroting vir die Spele gedek. Dit gee my moed vir toekomstige Olimpiese atlete, veral wanneer dit by hul voorbereiding vir die 2016 Spele in Rio de Janeiro kom,” het Craven gesê.

Norval voeg by: “Hierdie borgskap is uitsonderlik vir FNB, wat as ’n finansiële instelling gewoonlik net plaaslike sportbyeenkomste ondersteun en nie individue nie. FNB was by die 2008 Beijing Spele betrokke deur toerusting aan die atlete te verskaf kort voor hul vertrek na die Spele. Ons het toe gesien dat sulke laat ingryping nie werk nie.”

Norval sê afhangende van die Namibiërs se prestasie sal FNB oorweeg om atlete ook vir Rio de Janeiro 2016 te ondersteun.