23.5.2012
 Argiewe:

Vandag se Spotprent


Gene Travers

Market indicators


23 Mei 2012

30 Bruidspare gekies


Advertensie
Advertensie

Ons Argiewe

16.02.12

Graf nooit toegegooi

15.02.12

Ongeluk eis bekende in perdrykringe

13.02.12

KK oor vingers getik

14.02.12

Drie fetusse binne ’n week

16.02.12

Kuberkrakers steel miljoene

5.02.2008

Etosha kry nuwe kamp

© Jan Friede
’n SPLINTERNUWE kamp in die Etosha Nasionale Park sal in Julie in bedryf gestel word en Namibia Wildlife Resorts sal voortgaan om sy beste in die Namibiese toerismenywerheid te lewer. “Die internasionale reaksie op die nuwe aanbieding van die kampe in Etosha en die dienslewering is oorweldigend positief.

En ek was selfs verbaas oor Namibiërs se kommentaar oor die opgraderings. Deur die bank word die opknappings geloof.” Mnr. Tobie Aupindi, besturende direkteur van NWR, sê met sy oorname van die bestuur van die maatskappy was drastiese stappe broodnodig om ’n ommeswaai in die maatskappy se boeke teweeg te bring.

“En ons gaan voort om ons oorde op te knap en net die beste aan toeriste te bied. Daarom voeg ons deurentyd nuwe projekte by, veral in Etosha.” Tenders vir die ontwerp en oprigting van die Etosha Leeukamp waarin 15 tenthutte gebou moet word, is gister geopen. Dié kamp sal sowat 20 km noordnoos van Namutoni, naby Stinkwater, geleë wees.

Die kamp wat reeds op 1 Julie sy deure moet open, moet ekovriendelik wees, kantoorgeriewe met ’n ontvangskantoor, sitvertek met kroeggeriewe, ’n ten volle, moderne toegeruste kombuis, personeelbehuising en swembad met gepaardgaande ablusiegeriewe hê.

Dit sal die tweede nuwe verblyfpunt wees wat NWR sedert onafhanklikwording bou. Sossus Dune Lodge is verlede jaar geopen. “Nuwe sakemoontlikhede duik deurentyd op en dit moet ontwikkel word. Etosha is puik geleë en toon baie potensiaal om verder ontwikkel te word,” het mnr. Aupindi in ’n onderhoud met Republikein gesê. Dit is juis om die rede wat nagritte om wild te kyk, ingestel is en waarom soortgelyke aktiwiteite in die park beplan word.

“En nooit ooit, sal NWR die omgewing waarin hy werk, in gedrang plaas nie. Een van ons boustene is om ’n taak volhoubaar aan te pak en dit moet omgewingsvriendelik wees.” Daarom word tenderaars vir die Etosha Leeukamp gevra om hoofsaaklik met natuurlike materiaal te bou, sodat die kamp met die omgewing kan saamsmelt.

Hy het gesê dit was vir hom verstommend om te sien met hoeveel passie, harde werk en toewyding die NWR-personeel verlede jaar hul take aangepak het om ’n sukses van hul werk te maak. “Die dag toe ek hier ingestap het, was hier geen beleid nie, geen planne nie en geen beheer nie en ek kan Namibiërs verseker dat dit nie meer so sal wees nie.”

Dit is om die rede dat NWR ’n ommeswaai- strategie aangepak het. “Ons oorde word opgeknap en gevolglik moet die pryse verhoog word. In die verlede was daar nie eens kompeterende pryse nie en ek dink dit is die groot rede waarom daar soveel kritiek oor die nuwe tariefstruktuur is. “Maar nou is daar ’n beter produk met beter dienste en meer waardetoevoeging.

Natuurlik sal die prys daarvoor hoër wees.” Mnr. Aupindi sê dit is onregverdig van Namibiërs om te verwag om goedkoper vir die dienste te betaal. “Hoekom moet ons ’n swakker diens of produk aan ons eie mense voorsit? Namibiese reisigers is beslis nie ondergeskik aan internasionale besoekers nie en ook hulle dring aan op gehalte en verdien dit!” Hy het gesê Namibiërs wat reeds die opgeknapte oorde besoek het, is vol lof vir die werk wat verrig is. “Afhangende van die verskillende behoeftes, maak ons voorsiening deur middel van verskillende produkte en pryse.”

Hy sê hy glo vas dat daar altyd ’n “klaersgroep” sal wees en dit stel hom teleur. Een groot klagte is ongetwyfeld die gebrek aan braaigeriewe. “Wees realisties. Dit werk eenvoudig nie meer om braaigeriewe by die watergathutte by Okaukeujo te onderhou nie. Nie net kan dit hinderlik vir die wild wees nie, maar ook vir die toeriste wat langs die watergat sit om wild te kyk.”

Hy het gesê daar is steeds braaigeriewe by die bos- en familiehutte en die kampeerterreine by Okaukeujo en Halali. “By Namutoni is alles verwyder omdat ons juis ’n ander mark daar teiken. “Die publiek se oë is gereeld op staatsinstellings om op hul eie bene te staan sonder geldelike steun van die Regering. Ons ontvang nie ’n sent subsidie nie en daarom het ons reëls ingestel. Reëls omdat van ons verwag word om soos ’n kommersiële instelling op te tree en reëls om die belange van ons gaste te beskerm. Alles kom neer op gehalteversekering.”