Vandag se Spotprent


Gene Travers

Market indicators


3 Februarie 2012

Advertensie
Advertensie

Ons Argiewe

06.12.11

Polisieman, boer vertel van ongeluk

05.12.11

Vakansiepad open sy tol

05.12.11

Geen borg vir Susanne Hoff

09.12.11

Vir braaivleisvuur, is permit die kuur

07.12.11

Omkopery op lughawe

5.08.2009

Epukiro- kliniek nou toegerus


Van links staan mnr. Leon Koch, hoof van uitvoerende bankwese by Standard Bank Namibia, dr. Laura Smith van die Epukiro Lifeline kliniek, me. Sophy Mouton (Standard Bank), dr. Rudie van Vuuren, Minister Richard Kamwi en dr. Jannes Brandt, belegger in N/a’ an ku sê en wat gratis katarakoperasies aan die San gemeenskap op Epukiro verskaf, tydens die oorhandiging van N$30 000 wat Standard Bank aan die kliniek geskenk het vir medikasie vir ses maande.

DIE Lifeline kliniek op Epukiro is vir die volgende ses maande minder bekommerd oor die voorsiening van medikasie aan die gemeenskap, danksy die N$30 000 wat Standard Bank Namibia en die mediese voorraad wat Health Focus onlangs geskenk het.

Die Lifeline kliniek voorsien die gemeenskap in die afgeleë Epukiro sowat 90 km van die naaste mediese dokter van bekostigbare primêre gesondheidsorg en verskaf gratis gesondheidsorg aan die San-gemeenskap.

Die kliniek is in 2003 tot stand gebring met die Minister van Gesondheid en Maatskaplike Dienste, dr. Richard Kamwi, as beskermheer. Dit ontvang egter geen regeringsbystand nie en maak slegs staat op skenkings en die beskikbare tyd van vrywillige werkers.

Volgens dr. Rudie van Vuuren, eienaar en direkteur van N/a’an ku sê Lodge and Wildlife Sanctuary en ook ’n stigter van die Lifeline kliniek op Epukiro, is die N$30 000 wat Standard Bank geskenk het, genoeg om ses maande se mediese voorraad aan die kliniek te verskaf.

Francios Olivier