23.5.2012
 Argiewe:

Vandag se Spotprent


Gene Travers

Market indicators


23 Mei 2012

30 Bruidspare gekies


Advertensie
Advertensie

Ons Argiewe

16.02.12

Graf nooit toegegooi

15.02.12

Ongeluk eis bekende in perdrykringe

13.02.12

KK oor vingers getik

14.02.12

Drie fetusse binne ’n week

16.02.12

Kuberkrakers steel miljoene

9.03.2010

EPA: Namibië moet in óf uit

NAMIBIË en ander SADClidlande wat betrokke is by die ekonomiese vennootskapooreenkoms (EPA) tussen dié lande en die Europese Unie (EU), is ernstig oor die vingers getik oor die sloerdery met die afhandeling van interne prosedures om die ekonomiese vennootskap sy finale struktuur te gee.

Namibië spesifiek is daarvan beskuldig dat hy nou al langer as twee jaar sloer om dit te onderteken, maar intussen dieselfde voordele op EU-markte geniet as diegene wat hulle wettig verbind het.

Verteenwoordigers van die Europese Kommissie en die private sektor, regerings en nie-regeringsorganisasies van die SADC-EPA-streek het in Maputo, Mosambiek byeengekom om die stand van die vennootskap te bespreek.

Die handels- en ontwikkelingsooreenkoms is in 2007 geïnisieer en in Junie 2008 deur Botswana, Lesotho, Swaziland en Mosambiek onderteken terwyl Namibië eers wou wag. Angola en Suid-Afrika was nie deel van die ooreenkoms nie, maar is besig om vir ’n wyer streekooreenkoms te onderhandel.

Die hoof van een van die EPA-eenhede by die Europese Kommissie in Brussel, mnr. Jacques Wunenburger, het nie sy woorde gespaar toe hy die byeenkoms in Maputo toegespreek het nie.

“Ons staan nou by ’n kruispad. Ek het Botswana, Lesotho, Swaziland en Mosambiek genooi om hul interne prosedures te voltooi sodat die ekonomiese ooreenkoms so gou moontlik aan die gang kan kom. Ek het Namibië terselfdertyd genooi om ’n ferm besluit te neem ten opsigte van sy rol in die EPA-proses, want verdere vertraging om die ooreenkoms te onderteken nadat dit reeds twee jaar gelede van stapel gestuur is, is besig om ’n baie wankelrige regsituasie te skep. So kan dit nie aangaan nie – die situasie is onhoudbaar. ACP-lande wat die EPAooreenkomste geteken het, het die voordeel van EU-markte, maar hulle het ook wettige verbintenisse. Ander, soos Namibië wat by die inisiëring teenwoordig was, maar nie die tussentydse ekonomiese vennootskap onderteken het nie, geniet dieselfde voordele sonder dat hulle hulle wettig verbind het. Dit is wisselvallig en strydig met EU-wetgewing sowel as met die reëls van die Wêreldhandelsorganisasie,” het hy gesê.