25.07.2008

Eienaar ly skade

DIE eienaar van Siyandi Trading cc in Khomasdal waar diewe verlede Donderdagaand ingebreek het, sê hy het ’n verlies van meer as N$200 000 gely. Mnr. Jeremia Kaingob sê die inbrekers het verkas met N$120 000 wat in die kluis was. Diewe het volgens hom die kluis met ’n blaasvlam oopgesny. Verder het hulle twee ringe ter waarde van N$3 500 en ’n rekenaarskerm van N$3 800 gebuit terwyl hulle voorts ’n kleiner kluis ter waarde van N$80 000 beskadig het.