23.5.2012
 Argiewe:

Vandag se Spotprent


Gene Travers

Market indicators


23 Mei 2012

30 Bruidspare gekies


Advertensie
Advertensie

Ons Argiewe

16.02.12

Graf nooit toegegooi

15.02.12

Ongeluk eis bekende in perdrykringe

13.02.12

KK oor vingers getik

14.02.12

Drie fetusse binne ’n week

16.02.12

Kuberkrakers steel miljoene

28.08.2009

ECN slyp vir verkiesing


Die voorsitter van die Verkiesingskommissie van Namibië (ECN), dr. Victor Tonchi, verwelkom die deelnemers aan die ECN slypskool op Heja Lodge. Hy het die belangrikheid en erns van vanjaar se algemene nasionale verkiesings by hulle ingeskerp.
DIE Verkiesingskommissie van Namibië (ECN) het verlede week ’n slypskool vir sy streekkoördineerders, gebiedsbestuurders en assistent logistieke beamptes gehou. Die slypskool op Heja Lodge oos van Windhoek was gemik om die rolspelers wat die November 2009 Namibiese algemene verkiesings as demokraties en deursigtig moet laat geskied, goed voorbereid te maak vir enige voorval wat die verkie- singsjaar inhou.

Dr. Victor Tonchi, voorsitter van die ECN, het die lede verwelkom en die agenda uitgespel, insluitend besprekings oor die relevante vorms en verkiesingsprosedures. Registrasieprosesse en hantering van kameras en drukkers is bespreek en klem is gelê op die fyner besonderhede wat onreëlmatighede moet voorkom.

“Dit sal Namibië se vierde deursigttige en demokratiese algemene nasionale verkiesing wees, en die verantwoordelikheid berus by ons om aan die bevolking en die buiteland te bewys dat vanjaar se verkiesings selfs meer betroubaar as die voriges sal wees,” het hy gesê.

Die opleiding is na elke afdeling met ’n vraag-en-antwoord sessie afgesluit – ’n benadering wat volgens die ECN se skakelbeampte, dr. Rukee Tjingaete, so beplan is om te verseker dat al die deelnemers genoeg kennis van die bestaande ECN en Verkiesigswet raamwerk het om enige onreëlmatigheid te kan takel.

Hein Scholtz