23.5.2012
 Argiewe:

Vandag se Spotprent


Gene Travers

Market indicators


23 Mei 2012

30 Bruidspare gekies


Advertensie
Advertensie

Ons Argiewe

16.02.12

Graf nooit toegegooi

15.02.12

Ongeluk eis bekende in perdrykringe

13.02.12

KK oor vingers getik

14.02.12

Drie fetusse binne ’n week

16.02.12

Kuberkrakers steel miljoene

3.02.2010

Duitse toeriste slaan Namibië hoog aan


Verteenwoordigers van die 13 lodges en verblyfinrigtings in Namibië wat Studiosus-toekennings ontvang het.

DUITSE toeriste is gaande oor Namibië en die 2 000 toeriste wat verlede jaar van ’n Duitse reisagentskap, Studiosus, se dienste gebruik gemaak het, het 13 lodges en hotelle uitgesonder wat hulle 95 persent tevrede gestel het.

Studiosus is die voorste reisagentskap in Europa. Goeie gehalte toeropsies, uitstaande gidse en voortdurende verbeteringe aan hul pakkette maak van die München-gebaseerde maatskappy ’n leier in die mark. Meer as 100 000 reisigers het verlede jaar van Studiosus se dienste gebruik gemaak en 2 000 het Namibië as bestemming gekies.

Sowat 2 800 verblyfbestemmings regoor die wêreld is op Studiosus se lys en dié wat aan gaste se vereistes en verwagtinge voldoen het, ontvang ’n Studiosus-toekenning. Om gehalte te verseker, vra die agentskap sy kliënte gereeld om belangrike aspekte van hul toere te evalueer. Gaste het ’n keuse om verblyfinrigtings in verskillende kategorieë te evalueer, te wete bestemming, atmosfeer, diens, netheid, gemak en die gehalte van etes (aandete en ontbyt). Om die toekenning te ontvang, moet die eindtotaal 95 persent of meer in elke kategorie wees.

Uit 150 op die finale lys, is 13 van die bestemmings in Namibië. Dié wenners van die Studiosus-toekennings is (met die moedermaatskappy in hakies): Desert Horse Inn, Klein-Aus Vista (Gondwana Collection); Cañon Lodge en Cañon Village (Gondwana Collection); Kalahari Anib Lodge (Gondwana Collection); Namib Desert Lodge (Gondwana Collection); Etosha Safari Lodge (Gondwana Collection); Twyfelfontein Country Lodge (Namibia Country Lodges); Mount Etjo Safari Lodge; A Little Sossus Lodge; Vingerklip Lodge; Old Traders Lodge, Erindi Private Wildreservaat; Okapuka Ranch; AiAiba Lodge; en die Hansa Hotel, Swakopmund.