23.5.2012
 Argiewe:

Vandag se Spotprent


Gene Travers

Market indicators


23 Mei 2012

30 Bruidspare gekies


Advertensie
Advertensie

Ons Argiewe

16.02.12

Graf nooit toegegooi

15.02.12

Ongeluk eis bekende in perdrykringe

13.02.12

KK oor vingers getik

14.02.12

Drie fetusse binne ’n week

16.02.12

Kuberkrakers steel miljoene

21.03.2010

Duisende deel in vryheidsfees

© Floris van Schouwenburg

OM 09:30 vanoggend, skaars ’n halfuur voor Namibië se 20ste onafhanklikheidsvieringe formeel sou afskop, het mense steeds in lang rye voor die hekke van Windhoek se Onafhanklikheidstadion tougestaan om self die mylpaalherdenking te beleef.

President Hifikepunye Pohamba het later in sy toespraak gesê dit is besonder vanpas dat die fees plaasvind in presies dieselfde stadion waar die land op 21 Maart 1990 sy toetrede tot die internasionale gemenebes van vry en onafhanklike state gemaak het.

Die reuse-skare het luidkeels saamgesing aan die strydliedere waarmee die Ndilimane-orkes die weg berei het vir eers die aankoms van internasionale hooggeplaasdes en uiteindelik oudpres. Sam Nujoma en Pres. Pohamba self.

Behalwe vir Namibië se eie voormalige en huidige staatshoofde, het president Robert Mugabe van Zimbabwe en Jacob Zuma van Suid-Afrika die grootste toejuigings uitgelok.

Teen 10:30 het kanonne van die Namibiese Weermag, terwyl die orkes die “Land of the Brave” speel, van agter die ooppaviljoen hul saluut van 21 skote uitgebulder. Kort hierna het Pres. Pohamba ’n massiewe parade inspekteer voor Biskop Nathaniel Nakwatumbah verrigtinge met skriflesing en gebed geopen het.

Sy boodskap was dat state en regerings wat ontwikkeling najaag nooit mag vergeet dat God deel aan sulke sukses het en bonewal wetgehoorsaamheid van elkeen van sy kinders vereis nie.

“‘Struggles’ is lank en bitter,” het Biskop Nakwatumbah gesê. “As hulle kort en soet is, kwalifiseer hulle nie om ‘struggles’ te wees nie. God kies die leiers vir sy mense terwyl Hy self aan die voorpunt van die stryd staan.”

Kort ná 11:00 het Hoofregter Peter Shivute formeel vir Pres. Pohamba ingesweer vir sy tweede termyn. “Hy is ons keuse,” het me. Saara Kuugongelwa-Amadhila, die seremoniemeester, onder groot applous gesê.

Mnr. Nahas Angula is opnuut as Eerste Minister ingesweer, met mnr. Marco Hausiku, voorheen Minister van Buitelandse Sake, as sy nuwe adjudant in die plek van dr. Libertine Amathila.

Hierna was dit tyd vir die verbymars – wat groot dele van die skare reg rondom die stadion spontaan op hul voete gehad het – en ’n verbyvlug deur helikopters, ’n vragdraer en vegvliegtuie.

Die dag se vieringe word vanaand afgesluit met ’n vuurwerkvertoning om 20:00.