23.5.2012
 Argiewe:

Vandag se Spotprent


Gene Travers

Market indicators


23 Mei 2012

30 Bruidspare gekies


Advertensie
Advertensie

Ons Argiewe

16.02.12

Graf nooit toegegooi

15.02.12

Ongeluk eis bekende in perdrykringe

13.02.12

KK oor vingers getik

14.02.12

Drie fetusse binne ’n week

16.02.12

Kuberkrakers steel miljoene

14.02.2012

Drie fetusse binne ’n week

Babamoord ken geen keer

© Uerikoha Tjijombo
Konstabel Erwin-Nesto Kavela en sersant Charl Renton by die watersuiweringsaanleg by Otjomuise waar ’n derde fetus binne sewe dae gevind is.

DRIE babafetusse is binne ’n week by watersuiweringsaanlegte in die hoofstad gevind.

’n Fetus is gister omstreeks 11:25 by die watersuiweringsaanleg by Otjomuise gevind. Dit is die tweede fetus binne ’n week op dieselfde plek, terwyl ’n ander fetus Woensdag by ’n ander watersuiweringsaanleg ontdek is.

Mnr. Renaldo Swartbooi (20), ’n opsigter by dié watersuiweringsaanleg, het gister die fetus ontdek wat voorlopig as manlik geïdentifiseer is. Die enigste liggaamsdele van die fetus wat uitkenbaar was, was die bene en arms en volgens Swartbooi is die ander dele moontlik deur visse geëet.

“Hoewel nie met sekerheid vasgestel kan word van waar die fetus kom nie, is die rigting van waar die water invloei, van die rioolpype vanaf Cimbebasia en van omliggende riviere.

“Dit duur sowat drie dae vir die water om hier deur te kom vir die suiweringsproses, dus sal dit moeilik wees om vas te stel hoe lank die fetus in die water was,” het Swartbooi gesê.

Volgens konstabel Erwin-Nesto Kavela is Woensdag ook ’n fetus by die watersuiweringsaanleg van Wanaheda gevind.

Volgens sersant Charl Renton, waarnemende eenheidsbevelvoerder in die Khomasstreek, is dit ewe moeilik om te bepaal wat die presiese omstandighede is wat tot die weggooi van babas lei.

Die weggooi van babas word ’n toenemende krisis in die land, het die polisie bevestig.