23.5.2012
 Argiewe:

Vandag se Spotprent


Gene Travers

Market indicators


23 Mei 2012

30 Bruidspare gekies


Advertensie
Advertensie

Ons Argiewe

16.02.12

Graf nooit toegegooi

15.02.12

Ongeluk eis bekende in perdrykringe

13.02.12

KK oor vingers getik

14.02.12

Drie fetusse binne ’n week

16.02.12

Kuberkrakers steel miljoene

21.03.2010

Dirk Mudge onthou

© Estelle de Bruyn
Mnr. Dirk Mudge by die staatsbanket Saterdagaand.
EEN van Namibië se Grondwetskrywers en voormalige voorsitter van die Demokratiese Turnhalle Alliansie (DTA), mnr. Dirk Mudge, was Saterdagaand tydens die staatsbanket ter viering van 20 jaar se onafhanklikheid, een van die gaste.

Hy het aan Republikein gesê dat dit ’n besondere geleentheid in Namibië se geskiedenis is.

“Dit is waarvoor ek my al die jare beywer het. Ek wou hê ons moes saam ’n Grondwet skryf en dat die land onafhanklik moes word. Om dié rede is dit belangrik om geleenthede soos die onafhanklikheidsvieringe by te woon.

“In die verlede het ek dit nie baie gedoen nie, omdat ek eerder verkies om op die agtergrond van die politiek te bly. Vanjaar was egter so besonder dat ek dit nie wou mis nie,” het mnr. Mudge gesê.

Hy sê 20 jaar van onafhanklikheid is ’n groot gebeurtenis. In dié tyd is daar foute begaan en daar sal seker in die toekoms nog foute begaan word, maar in die algemeen, gaan dit goed met Namibië em dit is baie lekker om in die land te woon. Probleme wat ondervind word, moet opgelos word.

“Ons vreedsame onafhanklikwording is vir my die ideaal en die enigste alternatief vir oorlog en wanorde,” het hy gesê.