23.5.2012
 Argiewe:

Vandag se Spotprent


Gene Travers

Market indicators


23 Mei 2012

30 Bruidspare gekies


Advertensie
Advertensie

Ons Argiewe

16.02.12

Graf nooit toegegooi

15.02.12

Ongeluk eis bekende in perdrykringe

13.02.12

KK oor vingers getik

14.02.12

Drie fetusse binne ’n week

16.02.12

Kuberkrakers steel miljoene

28.09.2009

Die krag van ’n kworum


DIE gebrek aan ’n kworum in die Nasionale Vergadering is iets waaroor Republikein gereeld verslag doen. In die onderstaande artikel lug die voorsitter van Monitor Aksiegroep, mnr. J.W.F. Pretorius, sy mening oor hierdie aangeleentheid.

“Nie alleen oor die afgelope amper 20 jaar nie, maar veral die laaste tyd is dit skreiend hoeveel tyd en geld gemors word deurdat daar nie ’n kworum in die Nasionale Vergadering en sy komitees is nie.

“Een van die belangrikste redes hiervoor is omdat die regerende Swapo-party so ’n groot meerderheid het dat hulle nie bang is dat die opposisielede in hul afwesigheid kan oorneem nie.

“Die sommetjie werk soos volg. Daar is 72 stemgeregtigde lede in die Nasionale Vergadering. Die getal 37 is ’n kworum. Die opposisiepartye het gesamentlik 17 lede. Al sou al 17 opposisielede teenwoordig wees, kort daar nog 20 van die 55 lede van Swapo om ’n kworum vol te maak. Dit is dus moontlik vir 35 lede van Swapo om per sitting afwesig te wees en daar sal nog altesaam genoeg (37) lede oor wees om te kan aangaan.

“Sodra die opposisie dus 19 lede en meer is, dan dwing hulle die Swapo-party om te sorg dat hulle, die Swapo-party, ten minste 20 lede teenwoordig moet hê om nie uitgestem te word nie.

“’n Meer veilige getal vir die opposisie om die Swapo-party te dwing om die Nasionale Vergaderings by te woon, sou dus 27 lede wees.

“Dit is die uitdaging wat vir die kiesers voorlê. Wil die kiesers nie hê dat hul belastinggeld verkwis word nie deur vergaderings wat elke keer verdaag moet word weens ’n gebrek aan ’n kworum, sorg dan dat die Swapo-party ten minste 10 setels minder kry. Die alternatief is, bly ruggraatloos en gooi die handdoek in.”