25.07.2008
© Niël Terblanché
Die bestuurder en passasier van dié ligte vragmotor is lig beseer tydens die ongeluk wat net suid van Windhoek plaasgevind het. Ooggetuies het gesien hoe die trokkie buite beheer raak, op sy sy beland en toe teen ’n uitgrawing langs die pad tot stilstand kom. Die ongeluk het omstreeks tienuur die oggend tussen die padblokkade en Aris gebeur.