23.5.2012
 Argiewe:

Vandag se Spotprent


Gene Travers

Market indicators


23 Mei 2012

30 Bruidspare gekies


Advertensie
Advertensie

Ons Argiewe

16.02.12

Graf nooit toegegooi

15.02.12

Ongeluk eis bekende in perdrykringe

13.02.12

KK oor vingers getik

14.02.12

Drie fetusse binne ’n week

16.02.12

Kuberkrakers steel miljoene

20.08.2010

DBV in bekgeveg oor rob-oeste

SEAL Alert SA, ’n Suid-Afrikaanse diereregtegroep wat teen die rob-oeste by Kaap Kruis gekant is, het glo sy mes in vir die Namibiese Dierebeskermingsvereniging (DBV). Die bekgeveg is so erg, dat die DBV in ’n verklaring homself van Seal Alert SA distansieer.

Die DBV meen dat hulle konstant onder verbale aanvalle van Seal Alert SA moet deurloop “nadat ons eerlik was in ons evaluering vanaf die eerste dag van die robbe-oes,” luidens die verklaring van die DBV.

Die organisasie het in Julie die groen lig gegee vir die wyse waarop robbe by Kaap Kruis doodgemaak word. Volgens dr. Debbie Gibson van die DBV, het die afgevaardigdes van die organisasie geen oortredings gesien van visseryregulasies wat op die oes van robbe betrekking het nie.

“Die DBV was aanvanklik bekommerd omdat daar dade van wreedheid in ’n sesminute video-opname tydens ’n oes in 2009 was. Daarom het ons ’n vergadering met die Minister van Visserye en Mariene Hulpbronne belę om ons kommer uit te spreek en die beëindiging van die rob-oeste te eis.”

Daar is aan die DBV bevestig dat die rob-oeste nie beëindig gaan word nie, maar dat dit volgens regulasies so menslik moontlik uitgevoer sou word. Die DBV het toestemming gevra om die rob-oeste waar te neem en was uitgenooi om die Minister, mnr. Bernard Esau, tydens die eerste rob-oes te vergesel.

“Nadat die DBV die oes van 260 robwelpies gemonitor het, kon ons in alle eerlikheid geen wreedheid in die metode vind nie en dat dit nie minder menslik is as die slag van ’n bees by ’n slagpale is nie,” lui die verklaring. “Dit is egter moontlik, soos ook deur sommige diereregte-organisasies, insluitende Seal Alert SA beweer word, dat spesiale pogings aangewend is om regulasies noukeurig te volg weens die teenwoordigheid van die Minister en ander waarnemers.”

Die DBV het dus vir toestemming gevra om die rob-oeste enige tyd of volgens ’n tyd van hul eie keuse gedurende die seisoen te monitor.

Volgens die DBV is alle feite aan mnr. Francois Hugo van Seal Alert SA telefonies en via e-pos verskaf. Hy was egter steeds bekommerd oor ’n paar aspekte van die robbe-oes, maar het in ’n brief aan die DBV geskryf: “Welgedaan en dankie vir die positiewe stap onder moeilike omstandighede.”

Die DBV het daarna dieselfde feite in ’n mediaverklaring weergegee en volgens die DBV het mnr. Hugo dadelik ’n veldtog via mediaverklarings teen die DBV begin.

“Die DBV verkies om nie betrokke te raak in ’n woorde-oorlog nie, maar is bekommerd dat sy pogings om dierewelsyn te bevorder, deur ondersteuners wat in Hugo se verdraaiing van die waarheid en uiterse valshede sou glo, benadeel sal word.”

Luidens die DBV se verklaring word die volgende bekendgemaak:
“Die emosionele neiging van die DBV sal wees om die robbe-oeste te beëindig, maar ons moet aanvaar dat daar weens realistiese gronde tans geen regverdiging vir dit is nie.” Voorts is die DBV ’n dierewelsynorganisasie en nie ’n diereregte-organisasie nie.

“Die DBV se wetlike mandaat, gegrond op die Dierebeskermingswet, is om wreedheid teenoor diere te verhoed, selfs al word hulle vir voedsel, sport of enige kommersiële onderneming gedood.”

Die DBV beskou die aanname van Seal Alert SA dat hulle “miskien die Dierebeskermingswet moet laat skrap en nie meer Namibiese burgers aankla wie hul katte en honde doodslaan nie,” as loutere snert.

Die DBV beklemtoon dat die organisasie nie “die doodslaan van robbe in Namibië goedkeur” soos deur Seal Alert SA beweer is nie. “Die DBV kom die Grondwet van die land na en aanvaar die beginsels van volhoubare oeste van wilde diere, solank as wat menslike metodes gebruik word,” lui die verklaring.

In ’n e-pos aan mnr. Hugo het die DBV verklaar dat dit altyd ’n uiters onaangename ervaring is om te sien hoe diere doodgemaak word, maar dat dit in teenstelling met die Ecostorm-videogreep in alle eerlikheid nie van wreedheid beskuldig kan word nie.

Mnr. Hugo beweer glo dat die DBV geen kundigheid in robgedrag en bevolkingsdinamika het nie en twyfel of die organisasie ooit die robkolonie by Kaap Kruis gesien of besoek het.

“Dit is nie waar nie. DBV-verteenwoordigers is wetenskaplikes wat ’n goeie kennis van bevolkingsdinamika oor die algemeen het en natuurlik het ons die kolonie op verskeie geleenthede besoek,” lui die verklaring. “Die punt is totaal en al irrelevant in die vraagstuk van menslike behandeling van diere.”

Seal Alert SA beweer glo ook dat “dit algemene kennis is dat (die Minister en) die DBV net op die eise van Seal Alert reageer.” Die DBV sę dit is onwaar: “Die DBV is ’n onafhanklike liggaam wat volgens sy eie besluite optree.”