23.5.2012
 Argiewe:

Vandag se Spotprent


Gene Travers

Market indicators


23 Mei 2012

30 Bruidspare gekies


Advertensie
Advertensie

Ons Argiewe

16.02.12

Graf nooit toegegooi

15.02.12

Ongeluk eis bekende in perdrykringe

13.02.12

KK oor vingers getik

14.02.12

Drie fetusse binne ’n week

16.02.12

Kuberkrakers steel miljoene

9.03.2010

Dax weer op troon

© Republikein
Mnr. George Dax
DIE Swapo-politburo het die besluite van die party se uitvoerende komitee van die Hardap-streek ten opsigte van die onttrekking van drie Swapo-raadslede op Rehoboth ongeldig verklaar en hulle bly dus aan in hul ampte.

Die komitee het verlede week besluit om die burgemeester, mnr. George Dax, sy adjunk, me. Cecilia McNab-Sherally en me. Lelanie Beukes-Uiras, aan die dorpsraad te onttrek.

Die redes wat aangevoer word vir die besluit wat glo deur die meerderheid van die komitee gesteun was, is die verskeie ondersoeke deur die Ministerie van Streek- en Plaaslike Owerhede, Behuising en Landelike Ontwikkeling, asook ondersoeke deur die Teenkorrupsie Kommissie (ACC) oor beweerde ongerymdhede by die raad.

Die drie raadslede steur hulle klaarblyklik ook nie aan partydissipline en reëls nie. Die politburo het tydens Saterdag se sitting die kwessie in oënskou geneem en bevind dat die streekkomitee dieselfde fout gemaak het as wat die geval was met die onttrekking van die Windhoekraadslede wat weer in hul poste aangestel was.

Die sekretaris-generaal van Swapo, me. Pendukeni Iivula-Ithana, het glo reeds oor die naweek die party se streekkoördineerder, mnr. Nico Mungena, oor die vingers getik oor die voortydige besluit wat die komitee op streekvlak geneem het, terwyl dit by die politburo berus het.

Mnr. Mungenga het gisteroggend briewe aan die drie raadslede gestuur waarin hy om verskoning vra vir die ongerief wat hy hulle veroorsaak het.

Voorts het hy die waarnemende hoof uitvoerende beampte, mnr. Jeffrey Kasupi, in kennis gestel dat die onttrekkingsbriewe van die raadslede van geen waarde is en dat dit geïgnoreer moet word.

Mnr. Mungenga wou nie kommentaar lewer nie, maar het bevestig dat die drie raadslede met hul werksaamhede voortgaan soos gewoonlik. Hy sê hy wag nog op die amptelike brief van die politburo wat die naweek die kwessie in oënskou geneem het.